Vers n dag - 8 Junie 2011
Jou Hart:
Carina Francke
Skriflesing:
Spreuke 4:23
“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.â€
Die hart is meer as die orgaan wat bloed deur jou are pomp en jou aan die lewe hou. Vir die mens in ‘n Hebreeuse konteks was die hart die sentrum van die mens se wese wat jou hele lewe beïnvloed het. In moderne idioom het die hart te doen met ons verstand, wil en emosies (kortom, ons siel) en dit beïnvloed steeds die mens se hele lewe.
Met ons verstand of denke bedink ons die dinge wat ons emosies laat wipplank ry, en met ons wil neem ons besluite wat uitgedruk word in ingesteldhede en dade.  ’n Mens moet dus mooi oplet wat in hierdie areas van jou menswees aangaan – dit beheer alles wat jy sê en doen.
As daar in die Woord staan dat die mens net moet bedink wat waar, edel, reg, rein, mooi, en prysenswaardig is (Filippense 4:8), m.a.w. dat jy nuut en anders moet begin dink as waaraan jy gewoond is, dien dit as remskoen of padverlegging sodat jou emosies in hulle vaart gestuit word. Ons almal ken tog die uitkoms van onbeheersde emosies: dit oorheers skielik jou (gesonde) verstand en jy sê dinge sonder om die gewig daarvan te meet, jy tree impulsief op, of neem onweldeurdagte besluite wat jou groot skade kan berokken.
Geen wonder nie dat Jesus die gedagte van ons teksgedeelte kom beklemtoon as Hy leer dat slegte gedagtes, onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, bedrog, kwaadwilligheid en nog ander soortgelyke gesindhede uit die hart van die mens kom. (Mark 7:21-22). Hoor jy die woorde:â€Bewaak jou hartâ€?
Maar alles is oor die hart is nie net sleg nie. Daaruit lééf ons liefde. En as dit rein is, het ons die belofte dat ons Hom sal sien (Matt 5:8).
Gebed: Hemelse Vader, my denke, hart en wil neig so dikwels om hulle eie koers of afdraaipaaie te loop. Ek vra vir oop ore om te hoor as die Heilige Gees in my hart kom waarsku dat dÃt wat daar aangaan, buite U plan vir my lewe is. Skep vir my ’n rein hart o God. Amen.