Vers n dag - 10 Maart 2011
4. Wanneer boosheid alledaags word
Johann Symington
Skriflesing: 2 Kor 6:1-4 (Afrikaanse Bybel vir Dowes)
Ek, Paulus, en die ander mense wat saam met my werk, werk saam met God. Daarom vra ons mooi vir julle: Onthou dat God *genadig is vir julle, moenie dink dat dit nie belangrik is nie. 2 Want God het gesê:
“*Toe die tyd reg was vir My,
het Ek gehoor hoe jy bid.
Ja, toe die dag gekom het,
die dag toe Ek jou wou red,
het Ek jou gehelp.â€
Julle moet weet dit is nóú die regte tyd, dit is nóú die dag wanneer God julle wil red. 3 Ons wil nie hê dat iemand slegte dinge moet dink van ons nie, sodat niemand sleg sal praat oor die werk wat ons vir God doen nie. 4 Julle kan glo dat ons altyd *dienaars van God is.
As ek geroep word om ‘n bydrae te maak tot die kwaliteit van die lewe wat kan ek doen? Hierop sou ons seker elkeen vanuit ons konteks verskillend antwoord.
‘n Russiese priester wat n beduidende rol in die kerk in Rusland gespeel het gedurende die Kommunistiese era, het vanuit sy bittere konteks gesê : “Die wreedste ding wat die Bose doen is dat hy lyding laat voorkom as iets wat normaal is.â€
Hy bedoel daarmee dat jy en ek al so gewoond is aan die bose dat ons die lewe met n swart rand om aanvaar en glo maar dis hoe dit is. Ons is gedoem tot swaarkry. Kan jy glo in iets mooier en beters as lyding jou enigste brood geword het? Is dit normal dat jy gemaklik nuus kyk terwyl jy eet of jou aaklige koerantstorie kan lees voordat jy gaan slaap?
Christus kon dit nie hou nie!
Die hemel kon Hom nie terughou om iets aan die lot van mense te kom doen nie. Hy glo nie aan lyding of wreedheid dink as iets normaal nie. Inteendeel Hy glo daaraan dat die leeu en die lam langs mekaar kan lê sonder om mekaar te wil opeet. Hy dink dis normaal dat ʼn seuntjie by die gat van ʼn slang speel sonder dat hy vir die slang hoef bang te wees. Hy glo aan die hemel. Maar ook aan die aarde. Hy dink God se wil kan ook hier geskied. Dis waar jy inkom.
As die instrument in sy hand werk jy die kwade tee, dag vir dag. En stry jy die goeie stryd. Jy is aangestel as ʼn agent vir versoening. Doen jou ding om hemel op aarde te skep.
Gebed:        Here, maak my ‘n instrument van verandering en ‘n werktuig van vrede. Amen