Aanvaar dat sommige seisoene onvermydelik is - 2 Maart 2017
Hennie Symington
Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug; En jou jong dae ten volle geniet. Prediker 11:9
Ons lewens word gekenmerk deur seisoene wat ons vorm en voorberei vir die lewe. Vir sommige beteken dit om jou eie plekkie in die wêreld te vind terwyl jy nadink oor God se plan vir jou lewe. Vir die meeste van ons behels ons nadenke oor die seisoene ʼn tyd met jou siel waarin jy jou prioriteite definieer en vra na die sin van die lewe.
Vir jongmense is dit ʼn tyd om te hulle prioriteite op te weeg en hulle lewenspad te vind. Vir ouer mense is dit ʼn seisoen van afskeid en vertrek met kinders wat die nes verlaat, verlies aan lewenskrag en die herrangskikking van prioriteite. Vir elkeen is dit egter ʼn terugblik oor die seisoene wat ons gevorm en gemaak het wat ons is.
Kyk terug in verwondering. Vir talle mense is die verlede ʼn landskap wat hulle graag na wil terugkeer nie, terwyl ander wat goeie herinneringe aan die verlede het, gedurig terugverlang na die “goeie ou dae”. Die wyse digter maan ons egter om in elke seisoen voluit te lewe. Slegs dan kan ons die vrugte van ʼn lewe waarin ons alles wat God aan ons gebied het, ten volle proe.
Gebed: Here vergewe my dat ek altyd in ʼn roostuin wil leef sonder om die bitter vrug van die lewe te proe, wat ons as mense volkome afhanklik maak van U vir troos, sorg en onvoorwaardelike liefde. Amen