Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 1 Maart 2011

1. Hoe kan ek so lief vir die Wet word soos Dawid?

Johann symington

Skriflesing

Hoe lief het ek U wet! Dit bly elke oomblik by my. (97)

U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad (105)

Ek loof U soveel keer elke dag oor U bepalings. (164) Ps. 119

Die langste Psalm in die Bybel is ʼn loflied op die wet van die Here maar die meeste van ons lees net die mooi deeltjies uit hierdie Psalm. Anders soek ons sommer die kortste Psalm om te lees. So ʼn stukkie per dag is vir ons genoeg. Gee ons liewer ʼn Wilbur Smith of ʼn tydskrif wat oor motors of wegbreekvakansies gaan en ons verslind dit. Maar die Wet lees, dag en nag? Ek weet nie so mooi nie.

Baie van ons vind dit vervelig, vreemd en moeilik. En dit het nie met disrespek te doen nie, maar eerder met afstand en ander belangstellings as geslagsregisters en die wette van ou Israel. En tog is ons jaloers op Dawid wat hom skynbaar so kon verlustig in wette! Hoe kry hy dit reg?

Dawid se eintlike liefde vir die eerste 5 boeke of die torah (die wet) lê natuurlik daarin dat hy al meer die Outeur van die boek agter die wette, die wondere van die skepping en die intriges van die geskiedenis ontdek het en nie genoeg van Hom kon kry nie.

Sit ‘n slag jou “yarmulke” op jou kop  en lees Levitikus of Deuteronomium deur en kyk hoe jy dit ervaar. Vir ekstra genot gaan lees gerus “A Year of  Living Biblically” deur Alan Jacobs.

Gebed

Here, dankie vir wonderlike ondersteuningsbronne wat my kan help as ek my wil verdiep in u Woord. Ek gaan ten gronde by gebrek aan insig. Leer my u waarheid en wys my die regte pad aan.

Previous article: Vers n dag - 2 Maart 2011 Prev Next article: Vers n dag - 28 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.