Vers n dag - 25 Februarie
HUIDIGE REEKS: GELOOF, HOOP, LIEFDE.
DAG 10: LIEFDE, HOOP, GELOOF . . .
Deur Benescke Janse van Rensburg
Een van ons lesers vertel my vroeër die week van ’n kerkie in ’n plattelandse dorpie in Duitsland met die mooiste gekleurde glasvensters. As ’n mens binne die kerk sit en na die vensters kyk, is die volgorde van die woorde op die venster: “Geloof, Hoop, Liefdeâ€. As ’n mens egter buite die kerk staan en na die vensters kyk, lees dit: “Liefde, Hoop, Geloofâ€.
Volgens die leser is die verklaring dat ons gelowiges wat “binne die kerk sitâ€, deur ons geloof in God, hoop verkry vir ’n ewige lewe saam met ons Skepper. Hierdie hoop stel ons in staat om in liefde na ons naaste uit te reik. Wanneer ons as gelowiges egter na die mense “buite die kerk†uitreik, moet die volgorde andersom wees. Wanneer ons in liefde na ’n ongelowige persoon uitreik, stel ons hulle in staat om te begin hoop vir ’n beter toekoms. Uit hierdie hoop word geloof in Jesus Christus gevorm.
Kyk weer na hierdie drie teksverse:
-
GELOOF: “Jesus sê toe vir hulle: ‘Julle moet geloof in God hê!’†(Markus 11:22)
-
HOOP: “Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.†(Romeine 8:24)
-
LIEFDE: “Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.†(Johannes 13:34)
Mag jy van vandag af begin om in LIEFDE teenoor jou naaste te leef. Mag jou voorbeeld en verhouding met Jesus Christus HOOP aan diegene bied wat deur ’n moeilike tyd gaan. En mag die Heilige Gees jou lei sodat jy deur jou liefde vir Jesus Christus ander tot GELOOF in Hom kan lei. Dit was immers Jesus se laaste opdrag aan ons gewees, was dit nie? Sterkte.
Vader God, baie dankie vir u onvoorwaardelike liefde wat my vrymaak. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om van vandag af met liefde teenoor my naaste op te tree sodat my lewe aan ander kan hoop bied wat sal lei tot geloof in U. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NOTA VAN BENESCKE: Vandag is my laaste stuk vir hierdie reeks. Baie dankie vir elke e-pos en getuienis wat ek ontvang het. Ek waardeer dit baie!
Vir die Kapenaars het ek goeie nuus: Ek vertrek vandag na Radio Tygerberg (104FM) waar ek saam met Eben Niemann vanaf 1 Maart 2011 die oggendskof (06:00-09:00) oorneem. Luister gerus en stuur kommentaar.
Vir die Vrystaters: Ek gaan in Maart ’n draai maak in Bloemfontein om my boek, Ontdek God in die stories van mense, bekend te stel. Hou gerus STORIES VAN HOOP op die sosiale netwerk, Fbook dop vir die datums en kom maak kennis.
Ek is later die jaar weer terug. Tot dan, mag jy God se teenwoordigheid kragtig in jou lewe ervaar! Onthou, niks is vir Hom onmoontlik nie.
Groetnis.
Benescke
NUUSBROKKIES:
-
ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
-
BOEKTEKENING: Benescke Janse van Rensburg teken boeke by die Paarl Boekefees:
-
12 Maart 2011: Paarl. Vir meer inligting, kontak
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
-
-
MOTIVERINGSPREKER: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker:
-
-
26 Maart 2011: Stellenbosch. Vir meer inligting, kontak Issie Jacobs by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . -
13 Mei 2011: Nieuwoudtville. Vir meer inligting, kontak Heidi van Niekerk by
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
-
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
Â
Â
Â
Â
Â
Â