Vers n dag - 27 Oktober
4.        Wat is waarheid in die Koninryk?
Hennie Symington
Skriflesing
“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,†antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.â€
“Dan is jy tog wel 'n koning?†vra Pilatus.
“Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,†antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.â€
“Wat is waarheid?†sê Pilatus toe vir Hom. Joh. 18:36-38
“Voer jou opdrag opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom.â€Â   1 Tim 6:14
Dis hoe dit is ... of is dit?
Hoeveel mense glo vandag nog dat daar ʼn absolute waarheid is? Hierdie onsekerheid waarmee ons vandag moet leef word deels gevoed deur die gedagterigting dat alles relatief is. Die waarheid is skynbaar nie iets wat vir jou vas en seker staan nie. Jy moet dit soek aan die hand van elke nuwe situasie.
Wat kan jy dan met absolute sekerheid glo? Hoe seker is jy as jy praat van jou “ontwyfelbare, Christelike geloofâ€. Ons leef in ʼn grys gebied waar grense vaag en onseker is en die waarheid ontwykend is.
God se waarhede staan vas
Die Bybel sê dat daar wel absolute waarheid is wat in sy koninkryk op aarde geld. Jy weet mos wat God in sy Woord oor die verhouding tot God en jou naaste sê. Jy weet mos dat God aan die lewe as heilig dink (en daarom nie geneem mag word nie), aan ʼn huwelik as onverbreekbaar, aan die mens as sondig en verlore tensy hy weer gebore word. Jy weet mos dat jy kinders nie mag laat struikel nie en dat Jesus die weg, die waarheid en die lewe is, en nog baie meer.
Jy weet mos dat vir God dinge nie grys is nie en dat jy jou nie vir Evangelie hoef te skaam nie, want dit is vir elkeen van ons die weg uit die doodloopstraat van ons bestaan. Jy het mos die kompas in jou hand - die Woord van God. Gebruik dit onverwyld, en onverpoosd, sonder om te blik of te bloos. En as dit nie duidelik genoeg uitgespel is in sy Wet nie, kan jy dit tussen die lyne lees in Jesus se optrede.
Gebed:
Here, Ons is nie altyd seker waar om die streep te trek nie. En of ons dit moet trek of nie. Dankie dat U Woord ewig staan as ʼn baken van waarheid. Amen