HUIDIGE REEKS: Die huidige reeks is getiteld: “Hoe om te...†Vandag se tema: “Hoe en hoekom om doelwitte te stel?â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
HOE EN HOEKOM OM DOELWITTE TE STEL
Deur: Benescke Botha
Vir ses maande lank het ses vriendinne hulle tot die “eksperiment†verbind. Elke Maandagoggend sou al ses op ’n bepaalde tydstip vir hulle gebruiklike 15 minute telefoonkonferensie inskakel. In hierdie “konferensie†sou elkeen dan kortliks terugvoer gee van hoe sy met die vorige week se doelwitte gevaar het en ook wat haar doelwitte vir die volgende week was. Die resultaat? Na die ses maande het elkeen van die ses vroue onomwonde gesê dat hulle nie hulle lewens voortaan sonder die weeklikse telefoonkonferensie kan indink nie. Buiten vir die gevoel dat hulle meer struktuur in hulle lewens gehad het, het hulle in die proeftydperk veel meer van hulle (soms jare lange) doelwitte bereik as waarvoor hulle ooit sou kon hoop.
Is doelwitstelling Bybels?
Goeie beplanning en doelwitstelling dra by tot sukses.
· Jesus se woorde: Lukas 14: 28-31: "Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. Hulle sal sê: 'Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.' Of watter koning wat met 'n ander koning in 'n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie?â€
· Salomo se woorde: Spreuke 21:5: “Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek.â€
Belangrik om te onthou:
Kies om God se planne vir jou lewe bó jou eie planne te stel.
· Spreuke 16:9: “'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.â€
· Jakobus 4:13-15: “Kom nou, julle wat sê: ‘Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.’ Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle moet eerder sê: ‘As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.’â€
Die doelwit van doelwitstelling is om gedissiplineerd (deur die leiding van die Heilige Gees) die drome wat God in jou hart geplaas het, neer te skryf. Wanneer jy dan daagliks daarna kyk sal dit jou motiveer om jou lewe meer gefokus in te rig.
En sou jy dalk ten die einde van ’n maand faal om een of twee van jou doelwitte (wat jy vir daardie maand gestel het) te bereik? Dit is nie die einde nie. Bly positief. Dalk was daardie maand ’n voorbereidingsmaand waarin God jou karakter gevorm het sodat jy in die toekoms baie vinniger by jou langtermyndoelwitte sal uitkom?
Kies dus om jou oë op God te vestig en om die Heilige Gees jou vennoot in alles te maak wat jy aanpak. Net dan sal jy alles kan bereik wat God vir jou vir 2010 beplan het!
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U reeds die toekoms ken. Lei my asseblief deur U Heilige Gees om hierdie jaar doelwitte te stel wat U op u hart vir my het. En gee my die krag om dit te bereik. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
PRAKTIESE RIGLYNE OM DOELWITTE TE STEL:
1. STAP 1: Laat die Heilige Gees jou lei: Voordat jy begin om jou doelwitte neer te skryf, vra die Heilige Gees om jou te lei. Vra spesifiek dat God aan jou sal wys wat Hy vir jou vir 2010 beplan het.
2. STAP 2: Skryf die sewe kategorieë neer (en jou doelwitte by elkeen):
1. Werk (byvoorbeeld: wat wil jy graag in hierdie jaar/maand in jou werkplek bereik?)
2. Sosiaal (byvoorbeeld: by wie van jou vriende moet jy meer gereeld gaan kuier? Vir watter van jou ongelowige vriende moet jy daagliks bid?)
3. Finansieel (bv. neem ’n besluit om maandeliks jou tiende te gee, ’n gedeelte van jou salaris te spaar en ook ’n gedeelte uit te sit om behoeftiges te help);
4. Verhouding met God (bv. neem ’n besluit om gereeld stiltetyd saam met God te hou – dalk ’n halfuur voor werk?)
5. Familie (bv. neem ’n besluit om gereeld vir jou kinders of ouers te bid. As daar iemand in jou familie is wat jy moet vergewe, vergewe hulle. As daar ongelowiges onder hulle is, bid vir hulle. As jy nie familie oorhet nie, kies om vir iemand anders se kinders te bid.)
6. Gesondheid (bv. neem die besluit om meer groente en vrugte te eet terwyl jy ten minste twee maal ’n week gimnasium toe gaan of om die blok gaan stap?)
7. Drome: (bv. wou jy nog altyd ’n boek skryf? Oorsee gaan? ’n Maraton klaarmaak? Stel die doelwit. Vandag se skryf aan ’n hoofstuk, spaar van jou ekstra geld of ’n drafsessie kan dalk lei daartoe dat jou droom voor die einde van die jaar waargemaak word.)
3. STAP 3: Kry ’n vriend in plek: As jy soms sukkel met selfdissipline, kry ’n vriend of vriendin wat hom of haar verbind om met jou op ’n gereelde basis oor jou doelwitte te gesels.
**Stel vir jou doelwitte vir die einde van die maand, einde van ses maande en einde van die jaar. Dit sal jou help om jou vordering te monitor.