Vers-n-dag - 11 Januarie
NUWE REEKS: Die nuwe reeks is getiteld, “Hoe om te...†Dit is ’n reeks gevul met praktiese wenke oor temas soos: “Hoe om te vas?â€; “Hoe om nuwe doelwitte te stel?â€; “Hoe om trauma te hanteer?â€; “Hoe om nuwe vriende te maak?â€; “Hoe om God vir die onmoontlike te vertrou?†en vele meer.
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
HOE OM ’n NUWE BEGIN TE MAAK (Filippense 3:13-14)
Deur: Benescke Botha
Dit was laatmiddag toe die boer met sy bakkie verby die ouerige man met die groot pakkaas op sy rug langs die plaaspad ry. Op die ingewing van die oomblik het die boer gestop en aan die ouerige man ’n rygeleentheid aangebied. Sonder enige huiwering het die man met ’n breë, verligte glimlag op die bak geklim.
Toe die boer ’n paar minute later in sy tru-spieëltjie kyk om seker te maak dat alles nog reg is met sy passasier op die bak, dat hy verbaas gesien dat die man steeds met die swaar pakkaas op sy rug gesit het. Weer het hy langs die pad gestop en vir die man gevra waarom hy dan nie die swaar pakkaas van sy rug aftel nie. Half verleë het die ouerige man teruggeantwoord: “Meneer, u doen my reeds so groot guns om my op te laai. Ek kan nie verwag dat u bakkie nog hierdie ekstra gewig ook moet dra nie!â€
Watter tipe jaar was 2009 vir jou? Was dit ’n jaar gevul met hoogtepunte (’n verlowing, ’n troue, ’n nuwe baba in die familie of dalk ’n prys wat jy vir ’n oorsese vakansie gewen het)? Of was dit dalk ’n jaar wat jy liefs so gou moontlik wil vergeet (dalk omdat jy ’n geliefde aan die dood moes afstaan, omdat jy deur ’n egskeiding moes gaan, omdat jy jou besigheid se deure moes sluit of selfs omdat jy die afgelope Kerstyd  alleen moes spandeer)?
In Johannes 10:10 het Jesus sy dissipels daaraan herinner dat Hy gekom het om aan ons lewe en dit in oorvloed te gee. Dit is deur Jesus se kruisdood dat ons, ons pakkaas (die hartseer, teleurstelling en seer van die verlede) 100% aan Hom kan oorgee en dat ons Hom vir ’n beter toekoms kan vertrou.
HOE doen mens dit? Luister weer na Paulus se raad in Filippense 3:13-14 (wat hy tydens ’n baie moeilike tyd in sy lewe geskryf het): “Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.â€
Ons staan aan die begin van ’n vars, nuwe jaar. Wat verby is, is verby. Al waaroor jy werklik beheer het, is jou besluit of jy die pakkaas van 2009 van jou rug gaan aftel en of jy dit in hierdie jaar met jou gaan saamsleep. Kan ek jou aanmoedig om jou uit te strek vir wat God vir jou in 2010 beplan? Doen jy dit nie, mag jy dalk ’n klomp verrassings misloop!
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U van elke hartseer, teleurstelling en seer van die verlede weet. Ek kies vandag om (wat jou pakkaas ook al mag wees) 100% aan U oor te gee. Help my asseblief om in hierdie nuwe jaar my hoop in U te vind. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Praktiese riglyne: HOE OM ’n NUWE BEGIN TE MAAK
1) Maak ’n lysie van al die hoogtepunte en laagtepunte van 2009.
2) Sê vir God dankie vir die hoogtepunte en bid dat hy die laagtepunte sal gebruik om in iets goeds te eindig (Romeine 8:28).
3) Wanneer die versoeking weer kom om jou pakkaas op jou rug te laai, herinner jouself aan Paulus se woorde in Filippense 3:13-14.
NOTA VAN DIE SKRYWER: Van my kant af, welkom terug! Ek hoop jy het lekker uitgerus en is gereed vir ’n wonderlike 2010.
Twee dinge waarna jy by Vers ’n Dag kan uitsien:
1) Vers-’n-Dag webwerf: Ons splinternuwe webwerf sal binnekort aktief wees. In die toekoms sal ons ook die foto’s en ander bykomstighede vir die stukkies ook daar plaas sodat almal dit kan sien.
2) Werf ’n Leser veldtog: Ons het reeds daagliks 35,634 intekenare wat wêreldwyd die dagstukkies ontvang. Ons doelwit vir 2010 is om dit na 50,000 op te skuif. Só kan meer mense die goeie boodskap van Jesus Christus ontvang. As jy dus van ’n vriend of vriendin weet wat nog nie ’n intekenaar is nie, vertel hulle van Vers-’n-Dag en teken hulle gerus in by: http://listmail.mattelo.co.za/?p=subscribe&id=2.
Mag 2010 vir jou ’n wonderlike jaar wees. Ek bid dat jy daagliks meer en meer bewus sal wees van God se teenwoordigheid in jou lewe!
Groetnis, Benescke.