Vers n dag - 5 Augustus
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 25: STEL GOD EERSTE ... IN JOU FINANSIES (DEEL 3)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Verkeer jy vandag in ’n finansiële krisis? Hier is ’n getuienis van hoe God ’n gesin se krisis omgedraai het:
Daar was niks meer kos in die huis nie. Hoop in die Strydom-gesin het aan ’n draaitjie gehang. Slegs een karige meubelstuk het in die leefkamer oorgebly nadat die balju daar was. Michélle het ’n knop in haar keel gekry toe sy kyk hoe haar man, Roelf, moedeloos op die enkelbedjie in die leefkamer lê. Dit was duidelik dat hy op moedverloor se vlakte gestaan het. As ma van twee klein kindertjies moes sy self ook veg om positief te bly. Toe Michélle haar trane nie verder kon terughou nie, het sy omgedraai in die rigting van hulle slaapkamer. Hiér sou sy vir die soveelste keer op haar knieë voor God neerval en om uitkoms smeek.
Twee jaar voor daardie dag het die Strydom-gesin ’n gemaklike leefstyl gehandhaaf. Roelf was die hospitaalbestuurder op die dorp. Hulle het in ’n gemaklike huis gewoon, twee voertuie besit en met Roelf se salaris kon Michélle sonder stres voltyds ma vir hulle kinders wees. Dié situasie het egter verander toe Roelf by die huis opdaag met die nuus dat hy uit sy werk bedank het. Hy wou sy eie onderneming begin.
Maande lank het Roelf hard gewerk om sy onderneming van die grond af te kry. Alles het egter aanhou misluk. Ná twee jaar was die Strydoms se reserwekapitaal opgedroog. Die kinders moes menige dae sonder kos skool toe gaan en die balju het aan hulle deur begin hamer. In ’n kort tydjie het hulle hul motors, hul huis en ook meeste van hul meubelstukke verloor. Geen van Roelf se werksaansoeke wou slaag nie.
Van Michélle se welmenende Christen-vriende het haar begin aanraai om van Roelf te skei omdat hy “nie vir haar en die kinders kon sorg nieâ€. Sy het egter besef dis teen God se wil en saam met Roelf aangehou om God te vertrou vir ’n deurbraak terwyl hulle nader aan mekaar gegroei het.
Op daardie moedelose in die leë huis het Michélle op haar bed neergeval. Deur haar trane het sy die verhaal van Dawid en Goliat in haar Bybel begin lees. Die storie het skielik voor haar geestesoog afgespeel. Sy kon sien hoe die reus van armoede op haar afgestap kom. Sy kon hoor hoe hy haar en haar gesin met dreigemente tart dat hulle nooit uit hul finansiële krisis sal kom nie. Net soos Dawid by die riviertjie gehurk het om vyf klippies op te tel, kon Michélle haarself by die water sien hurk. In haar hart het sy die Heilige Gees hoor vra: “Michélle, wat wéét jy van My? Wat lê in jou hart soos die klippie in Dawid se hand lê?†Terwyl Michélle vir ’n oomblik teruggedink het oor die moeilike maande, het sy begin onthou hoe God vir hulle gesorg het. In haar gees het sy ervaar hoe haar geloof al sterker geword het.
Toe Michélle by die vyfde karaktereienskap van God kom, het sy weer die Heilige Gees se fluisterstem gehoor: “Michélle, dit is met hierdie ‘klippies’ (waarhede) wat julle, jul armoede-reus sal verslaan! Hou aan om op My te vertrou.â€
DÃt is wat die Strydoms gedoen het. Elke keer wanneer negatiwiteit gedreig het om hulle te oorweldig, het hulle hulself herinner aan wie God is. Hulle het begin om dit wat hulle wel nog gehad het, volgens Bybelse beginsels te bestuur. Roelf het mettertyd weer ’n goeie werk gekry. Vandag, ses jaar later, staan die gesin steeds verwonderd oor hoe God hul situasie omgedraai het sodat hulle vandag amper dubbeld besit as wat hulle voor die krisis gehad het.
Filippense 4:19: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.â€
Verkeer jy vandag in ’n finansiële krisis? Kyk ’n slag terug en begin jouself herinner aan elke situasie waar God in die verlede vir jou gesorg het. Onthou, Hy kan en wil enige moeilike situasie in jou lewe verander. Gaan jy Hom daarmee vertrou? Sterkte.
Vader God, dankie vir elke besitting wat ek uit u hand ontvang het. Ek weet dat alles in die hemel en op aarde aan U behoort en dat ek slegs ’n rentmeester van U besittings is. Help my om nie negatief te raak wanneer die voel asof U my nie dadelik antwoord nie, maar om steeds my oë op U te hou. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** FOTO’S: Kyk na foto’s van die Strydoms op die sosiale netwerk FBook se STORIES VAN HOOP bladsy.
** INTERESSANTHEIDSHALWE: Hierdie is een van die stories wat in my dagboek opgeneem is wat teen die einde van September vanjaar uitgereik word. Die boek handel oor God se karakter van A-Z. Eienskappe word verduidelik deur getuienisse by elke letter.
NUUSBROKKIES:
- Praatjie: Benescke Janse van Rensburg tree op as motiveringspreker op Lentedag, 1 September 2010, in die Wolseley-omgewing. Vir meer inligting, kontak Maryka by 023-3420817 of
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
- Argief: Het jy van ons vorige stukke misgeloop? Kry dit nou op ons webwerf, www.versndag.co.za. Jy kan ook hier as leser inteken om die dagstukkie te ontvang.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel oor wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus