Vers n dag - 23 Julie
HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 16: STEL JY GOD EERSTE ... AS LEWENSGEVAARLIKE SITUASIES DREIG?
Deur: Benescke Janse van Rensburg
[Het jy jouself al ooit in ’n lewensbedreigende situasie bevind? Wat was jou reaksie? Hier is kort uittreksels uit twee Vers-’n-Dag-lesers se e-posse van hoe God hulle in Irak beskerm het. Weens veiligheidsredes het albei gevra om anoniem te bly ... ]
LESER 1: “As privaatkontrakteur in Irak is ons verantwoordelik om konvooie onder die vaandel van die Amerikaanse departement van verdediging vir hul weermag te doen. Dis die gevaarlikste werk in Irak omdat ons bykans elke dag deur terroriste aangeval word en meestal vir ons lewens moet veg. Een spesifieke oggend moes ons weer deur een van die gevaarlikste dele in Bagdad beweeg. Ek het oudergewoonte voor God stil geword en Hom gevra om ons te beskerm – veral omdat ons twee keer binne twee dae deur dieselfde gevaarlike deel sou moes beweeg. In my hart het ek geweet dat hierdie missie lewensgevaarlik was.
“Die stilte in die nedersetting waardeur ons beweeg het, het my ongemaklik gemaak. En toe ons die bestemming bereik sonder enige terroristeaanval, het ek begin dink daar groot fout is. Was dit dalk die terroriste se strategie? Die volgende dag moes ons weer deur dieselfde nedersetting beweeg. Dié keer sou ek die konvooi lei, wat die gevaarlikste posisie is. Ek het weer gebid dat God ons sal lei en beskerm. Toe die nedersetting waarin honderde mense gewoonlik rondbeweeg, weereens doodstil is was ons paraat. My hart het vinnig geklop. Ons wapens was gespan, gereed vir ’n aanval. Daar was egter geen.
“Veilig terug in Bagdad, het ek onmiddellik met die intelligensie-bevelvoerder oor ons rare ervaring gaan gesels. Hy het my gevra of ek dan nie gehoor het dat die Amerikaanse weermag, oomblikke voordat ons deur die nedersetting sou beweeg het, al die terroristestellings met vegvliegtuie verwoes het nie. Met ’n knop in my keel het ek my oë gesluit om God te dank. Hy het nie net my gebede gehoor nie, Hy het ons daardie dag van ’n lewensgevaarlike situasie gespaar!â€
LESER 2: “Ek het in 2004 het in Bagdad, Irak gewerk. Ons het een middag teruggery na waar ons gewoon het, toe ’n selfmoordbomaanvaller sy voertuig reg langs ons voertuig laat ontplof het. Ons was vyf mense in die voertuig. Hoewel drie in die hospitaal beland het, het nie een van ons noodlottige beserings opgedoen nie. Almal wat in die voertuig was, is gelowiges en almal van ons het besef dat dit God was wat ons daai dag (en ook al die ander dae) beskerm het ...â€
Leser een en twee het besef dat God ons beskermer is. Besef jy dit of loop jy met vrees in jou hart rond? Vrees vir jou of jou geliefdes se veiligheid? Vrees dat jou huweliksmaat ontrou is aan jou? Vrees vir die toekoms? Vrees vir jou gesondheid? Vrees vir jou finansies? Onthou, God is groter as enige vreesagtige situasie. Net Hý kan vrees wegneem en jou beskerm. Luister weer na die Psalmdigter se woorde:
Psalm 23:4: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.â€
Psalm 91: 9-11: Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Stel God eerste deur jou oë in lewensbedreigende situasies op Hom te vestig. Hy maak nie net die storm stil nie, Hy laat die storm opklaar en bedaar voordat dit jou tref. Vind in Hom jou rus. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek nie in vrees hoef te leef nie, maar dat ek my geloof en vertroue in U kan plaas. Lei en beskerm my en my geliefdes asseblief vandag en help ons om vreesloos te leef. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**FOTO: Gaan kyk na ’n foto van die voertuig waaruit leser twee in Bagdad ontsnap op STORIES VAN HOOP se bladsy op die sosiale netwerk, FBook.
** INPAS (KykNET): Moenie hierdie Sondag se InPas-episode, 11:30 op KykNET misloop nie. Die tema: Geloof wat jou deurdra. Benescke is die ankeraanbieder en gesels onder meer met motiveringspreker, Gary Kieswetter oor hoe om aan jou geloof vas te hou as dit moeilik gaan. Stuur gerus jou kommentaar oor die program aan:
VYF STAPPE OM ’n VERS-’n-DAG INTEKENAAR TE WORD:
- Stap 1: Besoek ons webwerf, www.versndag.co.za
- Stap 2: Klik op “Intekenareâ€. Kies of jy Engels of Afrikaanse stukke wil ontvang.
- Stap 3: Jy tik jou epos adres twee maal in en stuur dit vir ons deur.
- Stap 4: Jy ontvang ’n epos van ons as bewys dat jy ingeteken het. Jy MOET op die epos reageer deur op die skakel te klik.
- Stap 5: Sit terug en wag vir jou eerste Vers die volgende oggend!
Let Wel: As jy iemand anders graag wil inteken MOET jy dit eers met hom/haar bespreek om sy toestemming te kry. Daardie persoon moet ook op die bevestiging epos klik om die intekening te bevestig.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus