Vers n dag - 21 Julie
TEMA VIR HUIDIGE REEKS: STEL JY GOD EERSTE?
DAG 14: STEL JY GOD EERSTE ... OF LEEF JY MET ’n MASKER?
Deur: Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van ’n man wat sy werk verloor het. Ná ’n paar dae by die huis het hy ’n advertensie in die koerant gesien van ’n pos wat by die plaaslike dieretuin geadverteer word. Hy het sy CV ingestuur en is gou gekontak om vir ’n onderhoud na die dieretuin te gaan.
Ná sy onderhoud het die bestuurder die man gelukgewens met die nuus dat hy die pos as gorilla in die dieretuin losgeslaan het. ’n Gorillapak is aan hom oorhandig wat hy daagliks moes dra terwyl hy op en af in sy hok spring en die besoekers besig hou. Dit het maklik geklink en die man het ingestem. Die volgende oggend vroeg was hy op sy pos en heeldag het hy die besoekers in die dieretuin vermaak.
Teen laatmiddag het hy op sy swaai in die hok geklim. Hoër en hoër en hy geswaai voordat die tou meteens losgeskiet het en hy deur die lug getuimel het om in die hok langsaan te beland. Toe hy ’n harde brul hoor, het sy hart woes begin klop. Hy was in die leeu se hok. In skok het hy hardop uitgeskree: “Ek is nie ’n gorilla nie! Ek is ’n mens!†Die leeu het sy poot hard op die man se bors neergesit. Net toe die man dink sy lewe is verby, het hy die leeu hoor fluister: “Bly stil. Wil jy nou hê ons moet albei ons werk verloor?!â€
Soms wonder ek of ons nie ook met tye soos die “diere†in hierdie dieretuin met maskers leef nie. Ons probeer iemand anders wees omdat ons te bang is vir verwerping as ons net onsself is. Ons onderdruk ons gevoelens of seer omdat ons bang is dat die wêreld ons as swakkelinge sal bestempel. Ons koop goed wat ons nie kan bekostig nie, bloot om in die wêreld se oë beter te lyk. Die waarheid is dat geen masker ooit vir altyd hou nie. Mettertyd sal dit verweer en jou kaal laat.
HOE OM SONDER MASKERS TE BEGIN LEEF...
Stap 1: Aanvaar dat God jou aanvaar. Heelwat mense voel dat hulle eers heilig moet word voordat hulle na God kan gaan. Die waarheid is dat God ons ken en liefhet soos ons is. Luister wat sê 1 Johannes 4:19: “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.†Hy begeer dat ons met ’n eerlike en opregte hart na Hom sal gaan en dat ons ’n verhouding met Hom sal bou.
Stap 2: Aanvaar die uniekheid waarmee God jou geskep het. In Psalm 139 lees ons dat God ons geken het voordat ons gebore is. Hy het ons saamgeweef vir ’n spesifieke doel op aarde. Deur iemand anders of iets anders te probeer wees, stap jy weg van daardie unieke plan vir jou lewe!
Stap 3: Leef daagliks saam met God. In Psalm 139:1 lees ons: “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.†God ken jou diepste hartsbegeertes en gedagtes. Hy wag dat jy Hom deel maak van elke aspek van jou lewe. Gesels met Hom oor jou vrese en bekommernisse en vra Hom om jou daagliks op die regte pad te lei. Hy wil dit doen.
Voel jy skaam oor jou agtergrond of verkeerde besluite wat jy in die verlede gemaak het? Voel jy dalk minderwaardig teenoor iemand anders oor hoe jy lyk of wat jy besit? Kies om vandag jou maskers af te haal. Aanvaar dat God jou aanvaar en dat Hy jou uniek geskep het. Begin om daardie uniekheid binne jou te ontgin deur Hom te vra om jou te help om met nuwe oë na jouself en jou situasie te kyk. Só word jy ’n ware instrument in sy hand!
Vader God, baie dankie dat U my uniek geskape het. Vergewe my as ek in die verlede op myself neergekyk het of probeer het om iemand anders te wees as wat U my geskape het om te wees. Lei my om daagliks my uniekheid te aanvaar en uit te leef. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NOTA VAN SKRYWER: Baie dankie vir die oorweldigende kommentaar na gister (dag 13) se stuk. Dit gee aan ons ’n goeie aanduiding van wat in die harte van ons lesers aangaan. Indien jy verdere vrae het, rig dit aan
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus