Vers n dag - 11 Junie
Moeilikheidmaker of ʼn vredemaker?
Hennie Symington
Vrede is seker een van die grootste versugtinge van die mens vandag. En tog kry die ons dit nie eens reg om met ons eie mense in vrede te lewe nie, wat nog van vreemdes.
Eintlik is ons maar almal ʼn geslag van moelikheidmakers, en die moeilikheid het begin met ons oer-oumagrootjie Eva wat die “appel†aan die rol gesit het.
ʼn Moeilikheidmaker is die teenoorgestelde van van ʼn vredemaker. Ons ken hulle die oomblik as hulle by ʼn vetrek instap. Hulle is arrogant, eiegeregtig, selfsugtig en soek skoor met almal. Hulle is soos my ouma altyd gesê het – die duiwel se sussie (of boetie) (nie letterlik nie, asb!).
Elkeen van ons word geroep om ʼn vredemaker te wees In Efesiërs 6:15 word ons aangesê om die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.
Hoe moet ons dit doen?
Vrede gebeur nie wanneer iemand die vredesteken maak en sê: Vrede vir jou nie. Dit vra ʼn bietjie meer van ons. Vrede gebeur :
*Â Â Â Â Â Â Â in nederigheid. Dit beteken dat God en nie ons belangrik is nie.
*       as jy self vrede maak. Jy kan nie vrede verkondig as jy sommige mense uitsluit nie. “Beywer julle vir vrede met alle mense.†is die opdrag van Hebreërs 12:14.
*       as jy die waarheid praat. Moenie God se boodskap van vrede probeer aanpas vir ʼn ongelowige wêreld nie.
*       as jy luister voordat jy praat. Die Heilige Gees moet ʼn wag voor ons mond plaas sodat ons nie uit twee monde praat nie.
*Â Â Â Â Â Â Â as jy jou verdiep in die Bybel sodat jy weet waarvan jy praat.
*Â Â Â Â Â Â Â as jy bid sonder ophou. Bid vir wysheid, genade en krag om die boodskap van vrede sonder vrees uit te dra.
*       as jy die prys van geloof ken. Jy moet daagliks jou kruis opneem en Christus volg as jy ʼn vredemaker wil wees.
*Â Â Â Â Â Â Â as jy begin by jouself, jou eie omgewing, jou eie dorp, jou eie huis.
*Â Â Â Â Â Â Â as jy die ander wang draai. En nie altyd eerste op jou perdjie spring nie.
Goeie nuus vir vredemakers
Christus sê van die vredemakers: “Gelukkig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.†So, as jy jou bewyer vir vrede maak jy soos God met ons maak: Hy maak vrede met ons.
In Jesaja 52:7 lees ons: Hoe wonderlik klink die voetstappe van een wat vrede aankondig. Hoe klink jou voetstappe vir ander as jy in die oggend opstaan?
Gebed vir vandag
Here, ek moet erken dat ek meer moeilikheidmaker as vredemaker is. Gee my U vrede wat alle verstand te bowe gaan.