Vers n dag - 13 Mei
2.    Werk as ʼn noodsaaklike euwel
Hennie Symington
Vir sommige mense is werk ʼn drieletter woord – ʼn blote middel tote ʼn doel. Lees ons egter in Psalm 105 met watter vreugde God sy werk doen, sien ons dat werk bedoel was om opwindend, uitdagend en lekker te wees. Om in God se skepping te mag werk moet gereken word as ʼn groot eer, nie ʼn straf nie.
Die feit dat jou werk soms saai, neerdrukkend en nederig is, beroof dit nie van geestelike betekenis nie. As jy aanvaar dat God jou baas is in die Bybelse sin, beteken dit dat jy sy medewerker in sy Koninkryk op aarde is en word jy deur Paulus aangemoedig om alles “van harte soos vir die Here en nie vir mense nie†te doen. Selfs slawe word deur hom aangemoedig om gemotiveerd te werk.
Die lekker is, ons het nie ʼn baas wat oor ons skouer loer en ons foute in ʼn lêer opteken nie. Die Baas vir wie ons werk, is by jou en werk saam met jou. Hy is jou onmiddellike Hoof wat altyd teenwoordig is - selfs al werk jy op die rioolplaas of onder die haglikste omstandighede.
Jou werk maak saak
As jy kan glo jou werk vervul ʼn noodsaaklike funksie in God se skepping, kan jy ook met trots soos die digter Peter Snyders in sy gediggie oor die straatveëer met trots sê: “Ek is ôk important.â€
Gebed vir vandag
Here, ons is so lief om te kla oor ons werk in plaas daarvan om U te dank vir die voorreg om saam met U in die wingerd te werk. Gee dat ek my werk as ʼn heilige opdrag van u te beskou as is dit hoe nederig.
Vers vir vandag
U het baie dinge geskep, Here,
die aarde is vol van wat U gemaak het,
en tog, U het alles in wysheid geskep.
Daar is die see, groot en wyd,
wat wemel van diere, klein en groot.
Daar vaar die skepe, en daar is die Leviatan.
U het hom gemaak om mee te
speel.Psalm 104:24- 26
Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf. Ps. 104:31
Gaan kyk na die mier, luiaard,kyk hoe hy werk, en leer by hom.Spr.6:6