Xanthe Hancox

U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.  Psalm 16:11 (1933/1953-vertaling)

… want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Filippense 4:11b (1933/1953-vertaling)

Boethius was 'n filosoof en Romeinse senator in ongeveer 520 n.C. Hy is van verraad beskuldig en in die tronk gegooi. Terwyl hy verhoorafwagtend was en ook gewag het op sy daaropvolgende teregstelling, het hy vir skryfbehoeftes gevra. Hy het 'n boek met die titel "The Consolation of Philosophy" voor sy dood voltooi. Die boek is sedertdien beskryf as die belangrikste en invloedrykste werk in die Weste oor Middeleeuse en vroeë Renaissance Christendom.

Ten spyte van sy slegte vooruitsig, was Boethius 'n Christen. Sy geloof en ondervindings het sy skryfwerk geïnspireer wat gehandel het oor hoe boosheid kan bestaan in 'n wêreld wat deur God regeer word, en hoe, te midde van lotsverandering, blydskap steeds haalbaar is. Hy het geskryf: “Nothing is miserable but what is thought so, and contrariwise, every estate is happy if he that bears it be content.” Eenvoudig gestel beteken dit dat die manier wat ons na ons omstandighede kyk belangriker is as die omstandighede self.

Paulus het ook verstaan dat ons siening van omstandighede wat verander en van tevredendheid 'n keuse is. Terwyl hy ook in die tronk was, het hy geskryf: "… ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is." (Filippense 4:11). Beide mans was tevrede omdat hulle hulle tevredenheid van God, wat nooit verander nie, ontvang het.

Voel jy soms deur moeilike omstandighede vasgekeer? Die Here kan aan jou tevredenheid gee. Blywende vrede kan slegs in Hom gevind word. Wanneer al wat jy het God is, het jy alles wat jy nodig het.

Gebed: Here, lei my vandag volgens u wil. Gebruik die gawes wat U aan my gegee het om ander op hulle pad te bemoedig. Help my om myself nie met ander te vergelyk nie, maar om ten spyte van my omstandighede, tevrede te wees. Amen