Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Gee jou bekommernisse vir Hom - 10 November 2026

Benescke Janse van Rensburg
 
Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Psalm 55:23a, 1983-vertaling
 
Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. 1 Petrus 5:7, 1983-vertaling
 
Het jy al ooit van skreeterapie gehoor? Dít is wanneer ’n groep mense bymekaarkom en op die tel van drie kliphard skree. Daar word geglo dat die skree jou help om van jou opgeboude frustrasie ontslae te raak. Skreeterapie is deesdae so gewild op sosiale media dat mense van Londen tot in Amerika daaraan deelneem.
 
Die waarheid is egter dit: Jy kan jou hart uitskree en vir ’n oomblik verlig voel, maar wat gebeur as die frustrasie en bekommernisse terugkeer? Jy kan tog nie heeldag skree-skree deur die lewe gaan nie.
 
Dit is juis hier waar Psalm 55:23 en 1 Petrus 5:7 kragtig tot ons spreek: Gee jou situasie aan God oor. Net Hy kan ware vrede gee – selfs wanneer die storm in jou lewe nog woed.
 
Ons moenie net ons frustrasie met God bespreek nie. Ons het nodig om dit by Hom te los en Hom vir ’n uitkoms en wysheid te vertrou. Dít is ware geloof.
 
So volgende keer wanneer jy voel jy wil skree, kom ons maak seker ons gee ons sorge vir God. Hy wil vir ons sorg.
 
Gebed: Vader God, baie dankie dat U my frustrasies en bekommernisse ken. Help my om nie langer alles op my eie te probeer dra en oplos nie, maar om dit met vertroue in u hande te los. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
 
Next article: God is by ons in donker seisoene - 9 November 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.