Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Staan op die Woord - 22 Mei 2026

Imogen Campbell
 
Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.  Jesaja 7:9b, 1983-vertaling
 
Ek is geneig om myself oor alles te bekommer. Satan hoef nie baie hard te werk om my vrede te steel nie, en ek het nog 'n ver pad om te gaan om my gedagtes te oefen wat godsvrug betref. En tog, in daardie oomblikke wanneer ek die meeste bekommerd is, bied dit my 'n geleentheid om op God se Woord te staan.
 
Ek het onlangs 'n moeilike persoonlike tyd beleef. In sy voorsienigheid het die Heilige Gees my 'n Bybelvers laat onthou om aan vas te hou, sodat toe die leuens en aantygings kom, ek myself reeds in die waarheid van die Woord geanker het.
 
Die uitdaging was egter om nie in te gee toe Satan voortdurend en listig sy vreesaanjaende twyfelagtige stories – in die stille donker met my senuweestelsel op 'n hoë gereedheidsgrondslag – in my oor kom fluister het nie. In daardie oomblikke het hy allerhande verraad gefluister.
 
Sy eeue-oue listighede is geen verrassing nie; hy dien die nekslag toe wanneer ons op ons kwesbaarste is. Ons moet egter kan sê: "Daar staan geskrywe ..." volgens die voorbeeld van ons Verlosser toe Hy in die woestyn versoek is.
 
Die Bybel leer dat ons ons aan God moet oorgee, die duiwel moet teëstaan en dan sal hy van ons af wegvlug, soos opgeteken in Jakobus 4:7. Dit is egter nodig dat jy jou eers aan God moet oorgee en die duiwel moet teëstaan voordat hy sal wegvlug. Soos hy egter met ons Here Jesus gedoen het, kom hy op die gepaste tyd terug en probeer om ons deur skuldgevoelens aan hom te onderwerp.
 
Ons weet die duiwel het allerhande planne; hy sal aan ons 'n leuen vertel en bekuldigingstaktiek gebruik. Hy belaster God en verdraai ons siening van onsself. Dit is dus noodsaaklik dat ons die waarheid oor God en oor hoe Hy ons sien, sal ken en verstaan.
 
In daardie kritieke oomblikke het ons 'n keuse: gee in aan Satan of staan op die Woord en kyk wat gebeur. Soms is deur net vas in gebed te staan en op die Woord van God te vertrou, genoeg om die ou slang te laat skarrel.
 
Natuurlik tot die volgende keer, maar teen daardie tyd is ons al 'n bietjie sterker en kan ons 'n bietjie langer staande bly. Dit gebeur geleidelik. Wie weet wat ons vir God kan doen as ons onwrikbaar in geloof op sy Woord bly staan.
 
Gebed: Here, ons loof en dank U dat U vir ons gely het. Ons is so dankbaar dat U die duisternis, die duiwel en die dood oorwin het. Amen
Next article: Staan sterk in gebed - 21 Mei 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.