Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

In verwondering voor die bevelvoerder van die leër van God - 20 Mei 2026

Imogen Campbell
 
Toe Josua naby Jerigo was, het hy opgekyk. Reg voor hom staan daar skielik 'n man met 'n ontblote swaard in sy hand. “ ... ek is die bevelvoerder van die leër van die Here; daarom het ek gekom.” Josua het neergeval met sy gesig teen die grond, diep neergebuig, en vir hom gesê: “Wat wil my heer vir sy dienaar sê?” Die bevelvoerder van die leër van die Here het Josua geantwoord: “Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilig.” Josua het toe so gemaak.Josua 5:13-15, 2020-vertaling
 
Die sandale is terug in die prentjie. Weer eens, soos in Eksodus 3 se geval met Moses, het die heilige God verskyn, hierdie keer as die bevelvoerder van die leër van die Here en Hy beveel dat sandale uitgetrek moes word. Josua was die een wat geroep is om te gehoorsaam.
 
Dit wil voorkom asof Josua heel gemaklik was om na die man toe te gaan en met Hom te praat. Toe hy egter die man se woorde hoor het hy in eerbied met sy gesig teen die grond geval. Die bevelvoerder het dit duidelik gemaak wie in bevel was. Hierdie gebeure word wyd verstaan as 'n heenwysing na die vleesgeworde Jesus Christus.
 
Wat 'n verligting moes dit nie vir Josua gewees het nie toe hy, met sy vooruitsig op aardse gevegte, hom ewe skielik in die teenwoordigheid van God bevind. Daar word vir Josua gesê dat Jerigo reeds in sy hand oorgegee is – die metode om met ramshorings en oorlogskrete om die stad te trek was verseker 'n mees ongewone oorlogstrategie.
 
Die Bybel leer dat daar een laaste geveg gaan wees waar God alles sal regstel. Op daardie dag sal 'n Man verskyn wat met regverdigheid sal oordeel en oorlog sal voer. (Openbaring 19:11-16)
 
Dit is duidelik dat hierdie gedeelte Jesus beskryf. Hy het 2 000 jaar gelede in die stowwerige strate van Galilea geloop. Hy het as die Lam van God gesterf, maar wanneer Hy terugkom sal Hy as die brullende Leeu van Juda kom. Sy volkome gesag sal onbetwisbaar wees. In Filippense 2:10-11 lees ons dat in die Naam van Jesus elke knie sal buig en elke tong sal bely, dat Jesus Christus die Here is.
 
Die groep MercyMe se lied "I Can Only Imagine" som dit soos volg op:
"Surrounded by Your glory
What will my heart feel?
Will I dance for You Jesus
Or in awe of You be still?
Will I stand in Your presence
Or to my knees, will I fall?
Will I sing hallelujah?
Will I be able to speak at all?
I can only imagine
I can only imagine" (https://www.youtube.com/watch?v=BRPGRdbGHSs0
 
Ons verbeel ons graag daardie oomblik wat ons Hom ontmoet, maar sal ons in sy teenwoordigheid kan staan? Josua het hom dit nie verbeel nie – hy het Hom ontmoet en in eerbied met sy gesig op die grond geval. Die Een wat uiteindelik die oorwinning behaal, roep ons ook om te staan, te vertrou, te gehoorsaam en Hom te volg. Sal ek dit doen? Sal jy dit doen? 

Gebed: Here Jesus, dankie dat U die dood oorwin het en dat U vir ons veg. Ons loof en eer U, dierbare God. Amen

Next article: Staan stil, maar vas - 19 Mei 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.