Jy sal nooit alleen loop nie - 18 Mei 2026
Imogen Campbell
Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” 2 Konings 6:16, 1983-vertaling
Liverpool Sokkerklub se ondersteuners weet miskien iets van die opskrif hierbo. Hulle emosionele klublied is "You'll never walk alone". Maar wat as jy nie naby die Merseyrivier is nie? Wel, Elisa, 'n profeet van ouds, kan ons miskien 'n ding of twee hieroor leer.
Wat as daar 'n hemelse leër van vuur saam met ons is? Toe Elisa die leër wat deur die koning van Aram gestuur is moes teëstaan, het hy besef dat hy nie alleen is nie. In antwoord op sy paniekbevange dienaar se vraag het Elisa tot God gebid en Hom gevra om laasgenoemde se oë te open. Onmiddelik kon hierdie naamlose dienaar sien dat die heuwels rondom Elisa vol perde en strydwaens van vuur was – Elisa was ten volle beskerm. Seer seker moes dit Elisa herinner het aan toe sy voorganger, Elia, in die hemel opgeneem is.
Verbasend genoeg het hierdie leër van vuur, ten spyte van geweldige mag, nie 'n fisiese tol geëis nie. In 'n sekere sin is dit 'n verwysing na Christus wat ook daardie nag voor sy dood legioene engele tot sy beskikking gehad het. Tog het Hy ook gekies om hulle nie los te laat nie, want Hy het die groot verlossingsdoel voor oë gehad. Krag, nie net vir beskerming nie – maar beheersd en vol genade.
In hierdie bybelse weergawe, is die koning van Aram vas van plan om Israel aan te val, maar tot sy frustrasie uitoorlê die koning van Israel hom keer op keer. Wanneer hy uitvind dat die bron van sy probleme Elisa is en dat hy in Dotan is, het hy vinnig sy leër gestuur om die eensame profeet gevange te gaan neem – 'n verwysing na die tuin van Getsemane, of hoe?
In 'n dramatiese wending, word hierdie gevreesde vyand wat gestuur is om Dotan te omsingel, met blindheid geslaan. Elisa het toe hierdie weerlose manne na die koning van Israel in Samaria gelei.
Teen die verwagting in, sê Elisa aan die koning om eerder as om hulle dood te maak, die vyand kos te gee. 'n Onverwagte wonderwerk ontvou – gevoed en deur die onverdiende genade wat hulle ontvang het toe hulle nie veroordeel is nie, maar eerder gasvryheid ontvang het, laat die leër terugval. Die aanvalle van die Arameërs het toe vir 'n ruk opgehou.
Wonderlike genade het nog nooit opgehou om onbeskryflik groot te wees nie. Elisa was 'n heenwysing na 'n ander Profeet wat in 'n klein dorpie gewoon het en sou kom om diegene wat deur sonde verblind is te red, hulle met sy Woord te voed en hulle vry te maak. Hierdie keer vir ewig.
Gebed: Here, ons loof U dat ons met sekerheid kan weet dat wanneer U aan ons kant is, ons deel van die meerderheid is. Amen