Verhaal van twee seuns - 28 Maart 2022
Xanthe Hancox
Toe sê hy vir hom, ‘My kind, jy is altyd by my, en alles wat myne is, is joune. Ons moet feesvier en bly wees, want jou broer was dood, en hy het lewendig geword. Hy was verlore, en is weer geving!' " Lukas 15:31-32, 2020-vertaling
Die geykenis oor 'n seun wat sy familie-erfenis verkwis en bankrot speel net om weer huis toe te gaan waar sy vader hom met uitgestrekte arms verwelkom, is 'n verhaal van twee broers. In die tweede deel van die storie ontmoet ons die ouer seun en ontdek dat hy net so selfgesentreerd as sy jonger broer is.
Die jonger seun se grootste begeerte was om homself van die beperkings van sy gesinslewe los te maak sodat hy vry kon wees om sy eie lewe in die wêreld te leef. Die ouer seun brom oor al die opofferings wat hy moes maak en al die luukshede waarop hy uitgemis het terwyl hy hard moes werk en al die verantwoordelikhede wat van hom verwag is, moes dra. Toe sy jonger broer terugkom kon die ouer seun nie sy vader se blydskap verdra nie; dit het vir hom geen sin gemaak nie. Op die ou einde sluit die ouer broer homself uit van gemeenskap met sy pa, net soos die jonger broer vroeër gedoen het.
'n Mens het begrip vir die ouer broer se posisie. Dit is heeltemal verstaanbaar dat hy eers bewyse wou sien dat sy broer sy lewe verander het voordat hy die jonger broer se tuiskoms vier.
Jarelange Christene stel dikwels soortgelyke eise aan ander om eers hulle lewens bymekaar te kry, terwyl dit eintlik tyd is om fees te vier. Die Vader het die sondaar vergewe en tuis verwelkom, en ons moet gereed wees om saam fees te vier.
Gebed: Here, ons gedra ons dikwels soos die ouer broer. Deur u genade, laat die skille asseblief van ons oë afval sodat ons ander mense kan sien soos U hulle sien. Amen