Hennie Symington

Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.  Genesis 3:23
 
Ten spyte daarvan dat God die mens uit die tuin gedryf het, hou Hy nie op om hom lief te hê nie. Hy het ons nie verlaat nie en sy omvattende liefde en trou verseker ons dat die tuin sowel as die wat daarin woon, herstel sal word.
 
God het vir Adam en Eva klere van vel gemaak wat beter beskerming gebied het as vyeblare en hulle in die wêreld ingestuur waar hulle moes leer om die aarde te bewerk in ʼn onherbergsame en droё land.
 
Stel jou voor God se hartseer toe Hy terugkyk oor die paradys en die innige verhouding in herinnering roep wat Hy gehad het met die mense wat Hy geskep het. Tog beloof God dat Hy ons, ongeag waar ons mekaar ontmoet, steeds sy liefde, vreugde en blydskap bied. Die Evangelie van Johannes beskryf dit so mooi wanneer hy skryf: “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in my bly en Ek in hom dra baie vrugte want sonder my kan julle niks doen nie.”(Johannes 15:5).God is by ons in alles en oral – in tye wat ons naby aan hom is en tye wanneer ons gekies het om ons eie paadjie te loop. Dit is die omvang van sy troue liefde.

Gebed: Hoe tragies dat die mens nie besef dat sonde afstand bring tussen Skepper en medemens nie. Gee Here dat ek steeds saam met U kan stap deur dorre landskappe en u guns en blywende liefde steeds kan ervaar. Amen