Louise Gevers

Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”  Matteus 5:48

“My Grandfather’s Clock” is 'n tydlose liedjie wat ons geniet het om vir ons baba kleindogter te sing toe ons Kerstyd by haar en haar ouers gekuier het. Sy het baie van die opgewekte wysie en die ritme gehou, maar sy was heeltemal te jonk om 'n woord te verstaan. Die lirieke vertel van 'n staanhorlosie wat op die oupa se geboortedag gekoop is, en beskryf die omvang van sy lewe. Die horlosie is een keer per week opgewen en dit het sonder om te stop vir nege en negentig jaar tydgehou, getrou die sekondes afgetik. Dit het aangehou tot die dag dat die oupa oorlede is – "when it stops, never to go again". 'n Waardige einde vir 'n betroubare vriend.

Ons het 'n muurhorlosie wat ook as 'n verjaarsdaggeskenk ontvang is, en dit word ook een keer per week opgewen, maar alhoewel dit goed begin het, is dit nie altyd so betroubaar nie. Of die horlosie se delikate balans nou versteur is deur die oneweredige muur, en of iemand dit gestamp of dit effens beweeg het, wanneer dit opgewen word, vergeet dit dikwels die doel van sy bestaan en stop vir solank as wat dit neem om dit te kry om weer te tik – en dit kan dae of soms maande neem. Nodeloos om te sê, dit is baie frustrerend om iets te hê wat uiterlik volmaak en selfs pragtig vertoon, maar die binnewerke is foutief en daarom kan dit nie aan sy doel voldoen nie.

Watter een van hierdie twee horlosies beskryf ons die beste?

Hierdie is miskien 'n verhaal van twee horlosies, maar dit vertel ook iets van ons en ons reaksies op die lewe. As volgelinge van Jesus is die vraag of ons getrou in alle omstandighede aan sy leringe vashou en span (ons ons) in om dit alles (ons s'n) te maak omdat Christus Jesus (ons) reeds Syne gemaak het. (Filippense 3:12), of raak ons ongebalanseerd en hou op om te tik wanneer dinge nie glad verloop nie, totdat iemand sake regstel?

Jesus se woorde in vandag se teks, is deel van die Bergpredikasie en Hy sê dit direk nadat Hy sê: "Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?" (Matteus 5:43-47)

Dit kan nie maklik bereik word nie en dit is ook nie moontlik om dit in ons eie wysheid en krag te bereik nie. Om ons natuurlike neigings te oorkom, en soos ons Hemelse Vader te word, na sy weë te streef en volgens dit wat Hy van ons verwag te leef, kan net ontwikkel word wanneer ons tyd met Hom spandeer. Slegs wanneer ons toegewyd is en daagliks kwaliteit tyd met Hom spandeer, sal ons hierdie doel bereik.

Tik ons?

Gebed: Here Jesus, gee dat ek my tyd reg sal gebruik sodat ek U en u weë beter kan leer ken, en ek in liefde en begrip sal ontwikkel sodat ek "volmaak (kan word) soos my hemelse Vader volmaak is." Amen