Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

God as skeppende Gees - 3 Maart 2020

Hennie Symington

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Genesis 1:27

God se geniale skeppingsvermoё eindig nie by plante nie. Uit dieselfde grond skep God allerhande diere en voёls, in die hoop dat een van hulle soos 'n maat vir Adam sou wees. Maar nie een daarvan is geskik nie. God neem toe een van Adam se ribbebene en by magte van sy goddelike skeppingsvermoё, skep God iemand van dieselfde vlees uit dieselfde stof waarvan Adam gemaak is.

God het 'n voorliefde vir grond en gebruik dit herhaaldelik as sy medium om nie net plante en diere te skep nie, maar ook vir ons, die mens. Ons maak staat op grond vir ons voortbestaan, grond is altans lewe. Geen wonder dat God dan vir Adam opdrag gegee het om hierdie paradys te bewoon, te bewerk en te beskerm nie. Ons lewens hang daarvan af.

Tuinmaak is 'n basiese, nie onderhandelbare menslike roeping. Ons is deur God geskep, ons hemelse tuinier om sy werk op aarde voort te sit. Ons is 'n onontbeerlike deel van hierdie tuin wat prag en vrugbaarheid in oorvloed bied. Is dit nie net 'n wonderlike beroep vir ons as mense nie?

Gebed: Dankie Skeppergod vir die skoonheid van die skepping. Vergewe ons dat ons u kosbare tuin daagliks vertrap. Leer ons om te leef soos U graag wou hệ ons moes leef as bewaarders van die tuin. Amen

Previous article: God hou nooit op om tuin te maak nie. - 4 Maart 2020 Prev Next article: God as die eerste tuinier - 2 Maart 2020 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.