Xanthe Hancox

“Miskien moet jy die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel, of praat met die aarde dat dit jou leer en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê. Wie van hulle weet nie almal dat die hand van die Here alles gemaak het nie? Hy het al wat lewe, in sy mag, die asem van elke mens.  Job 12:7-10

Die grootste gedeelte van die boek Job bestaan uit poëtiese voordragte. Teen die tyd wat jy hoofstuk 12 bereik, het al drie Job se vriende – Elifas, Bildad en Sofar– reeds een keer gepraat. Hulle probeer hom oortuig dat hy seker iets verkeerd moes gedoen het en daarom al sy swaarkry verdien, maar Job weier om dit te glo.

Hy sê reguit aan sy vriende dat hulle ordelike teologie, nie presies is soos dit in die werklike lewe gebeur nie. Die skelms word nie altyd gestraf en die regverdiges word nie altyd beloon nie. En hy is reg. Die wêreld waarin ons woon, is vol korrupte, geweldadige en wrede mense wat in rykdom woon.

Job verstaan nie hoekom hy so moet swaarkry nie, maar hy weet een ding en dit is dat God in beheer is.

Hy weet dit want God se hele skepping getuig daarvan. Diere, voëls en visse weet dat hulle hulleself nie gemaak het nie en hulleself nie kan onderhou nie. Die wonder van die skepping herinner Job daaraan dat niks sonder God kan gebeur nie.

Job mag dalk getwyfel het of God in beheer van sy situasie was, maar hy herinner homself baie vinnig daaraan dat dit nie saak maak hoe verwarrend 'n situasie is nie, God is in beheer, alles is in sy hand. In ons lewens mag daar dikwels situasies opduik wat ons laat twyfel of God in beheer is, maar soos in die geval van Job is dit steeds dieselfde waarheid wat ons vertroos, naamlik die feit dat ons weet dat God goed is en dat ons Hom kan vertrou.

Gebed: Skenk aan ons nederigheid o Heer. Help ons om nie soos Job se vriende op te tree wat hom probeer oortuig het dat hy swaarkry as gevolg van al sy sonde. Wys aan ons hoe om diegene wat swaarkry te help, sodat ons hulle kan bemoedig soos U ons bemoedig. Amen