Jesus se Opstanding gee ‘n oorwinnningslewe!

Quintus Heine

1 Kor 15:57,58  “Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.”

Toe die kerkvader Policarpus in die Middeleeue op die brandstapel vasgemaak is, is aan hom die belofte gegee dat hy vrygelaat sou word indien hy ontken dat Jesus bestaan.  Hierop het hy geantwoord:” Die Here Jesus is so goed vir my. Hoekom sou ek Hom verloën! Hy was bereid om vir my te sterf!”

Hoop is om in jou haglikste omstandighede en angstigste oomblikke steeds aan Jesus vas te hou omdat jy weet dat Jesus met die opstanding die grootste oorwinning ooit behaal het. Jesus het vir jou en my 'n nuwe lewe gegee. Hy het die dood en tydelikheid van die bestaan oorwin. Dit is hierdie oorwinningsingesteldheid wat jou in staat stel om oorwinning oor baie versoekings, sondes en slegte gewoontes te behaal. Dit maak dat jy onverskrokke die liefde en geregtigheid van Jesus kan uitleef – niemand kan dit van jou wegneem nie. Dit is hierdie oorwinningsgesindheid wat Policarpus in staat gestel het om sterk te staan en te weet die dood is oorwin – daarvoor was hy nie bang nie. Hy het geweet dat geen mens sy ewige lewe en die liefde van Jesus kon wegneem nie.

Soms moet Christene baie spot en antagonisme beleef omdat hulle getuienis van liefde en geregtigheid hulle anders maak as die w Die oorwinning van Jesus oor die dood, stel ons in staat om nie vir die wêreld bang te wees nie. Ons kan opstaan en onbevrees die liefde en geregtigheid van Jesus aan almal uitdra.  Die ergste wat jou op aarde kan tref, as jy soos Jesus leef, is die dood.  Jesus het dit reeds oorwin!

Jesus het waarlik opgestaan! Dit is die ongelooflike oorwinningsnuus van hoop wat ek weer vir julle wil vertel!

Gebed: Here dankie dat u die dood oorwin het, help my om onbevrees soos Jesus te leef.