Deur Benescke Janse van Rensburg 

Omikron. Die nuwe “buzz”-woord. Dit is die onsigbare nuwe Covid-19 variant wat tans veroorsaak dat duisende vlugte (en vakansies) gekanselleer word, strenger regulasies toegepas word en dat ’n klomp besighede opnuut vrees dat hulle hierdie komende feestyd duisende (as nie miljoene) rande gaan skade ly.
 
Net soos die virus, is vrees ook onsigbaar. Vrees veroorsaak slapelose nagte en malende gedagtes (en soms het ons vrees niks met die virus te make nie). Vrees beroof ons van ons vrede en vreugde en die vermoë om die hier en nou te geniet omdat ons konstant op die “wat as” in die toekoms fokus. Dit lê ons lam.
 
Aan die ander kant is geloof ook onsigbaar. Geloof in die grootste storm bring ’n onverklaarbare vrede en vreugde – nie omdat ons die uitkoms kan bepaal nie, maar omdat ons die Een ken wie die storm met een woord kan stilmaak. Dít is ons krag.
 
Die vyand gebruik enigiets om ons in vrees te laat leef omdat hy weet dat dit ons van ons krag stroop. God wil egter hê dat ons elke dag, in elke situasie, geloof moet kies. Dit is die skuld van die wapenrusting wat die vyand se brandpyle afweer.
 
In Nehemia 8:11 lees ons: “... die blydskap in die Here — dit is julle beskutting.” Ook in Filippense 4:6-7 lees ons: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”
 
Kom ons tel opnuut ons skuld van geloof op. God se vrede en vreugde is ons krag. Kom ons kies doelbewus geloof bó vrees. Sterkte.
 
Vader God, baie dankie vir u vrede en vreugde in elke situasie. Help my om my hart vol geloof te hou en nie toe te laat dat vrees my lamlê nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
 
·         Sien video wat aansluit by vandag se stukkie:
o    Webwerf: www.benescke.co.za
o    Facebookhttps://www.facebook.com/storiesvanhoop/
o    Instagramhttps://www.instagram.com/storiesvanhoop/?hl=en
 
·         Gratis webinaar:Registreer gerus vir die Dankdiens op 16 Desember 2021 om 19:00. Die fokus is God wat vandag stééds wonderwerke doen. Registrasie:  https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_SzEW4PRaR0y8dtMGWJijhg
 
·         TerugvoerVir enige vrae of as jy jou getuienis wil deel as God vir jou/julle as gesin iets kom doen nie, wat ons met lesers kan deel, stuur vir ons ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..