Deur Benescke Janse van Rensburg 

Dit het my nou al twee maal onverhoeds betrap.Die eerste keer was nadat ek pas ’n dis vir aandete in die oond gesit het. Gisteroggend was dit nadat ek met sopnat hare uit die stort geklim het. Beurtkrag. Duisternis. Frustrasie.
 
Beurtkrag laat my dink aan hoe situasies ons lewens soms vinnig donker maak – nuus van ’n huweliksmaat se buite-egtelike verhouding, ’n kind wat met ’n gevreesde siekte gediagnoseer word, aflegging by die werk of selfs ’n spesiale verhoudings wat versuur. Wanneer slegte dinge ons paaie kruis moet ons veg teen die duisternis wat ons van ons krag (en selfs ons geloof) wil beroof.
 
Was jy al daar? Is jy dalk vandag daar?
 
In 1 Johannes 1:5 lees ons: “God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” Ook in Psalm 44:3 skryf die Psalmdigter: Dit is nie met die swaard dat u volk die land in besit geneem het nie, nie deur hulle eie mag dat hulle die oorwinning behaal het nie, maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid, omdat U hulle liefgehad het.”
 
Ons behaal die oorwinning oor uitdagende situasies of donker emosies nie uit ons eie mag nie. Dit is slegs wanneer ons God innooi dat dinge verander omdat sy Lig die duisternis verdryf. Dit is deur sy krag, mag en teenwoordigheid in ons lewens dat ons met nuwe oë na die lewe begin kyk. Hy is stééds in staat om iets goed uit selfs die donkerste, mees frustrerende situasie voort te bring. Mag ons aanhou om Hom daarvoor te vertrou. Sterkte.
 
Vader God, baie dankie dat ek in uitdagende situasies my oë na U kan opslaan en weet dat U my lief het. Skyn asseblief U lig in (noem jou uitdagende situasie). Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. 
 
• Benescke Janse van Rensburg se boek, God is stééds God met meer as 60 kragtige hedendaagse geloofstories van mense is hier beskikbaar: https://benescke.co.za/aanlyn-winkel/ Gebruik die koepon VERS vir ’n spesiale prys.
 
• Nog stories:
Webwerf: www.benescke.co.za
Facebookhttps://www.facebook.com/storiesvanhoop/
Instagramhttps://www.instagram.com/storiesvanhoop/?hl=en
 
• TerugvoerVir enige vrae of as jy jou getuienis wil deel as God vir jou/julle as gesin iets kom doen nie, wat ons met lesers kandeel, stuur vir ons ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.