Tema: God sien ons raak 
Deur Benescke Janse van Rensburg
 
Die afgelope 20 maande was gevul met uitdagings vir ons almal. Van ons is by die werk afgelê. Ander moes ’n besigheid se deure sluit. Nog ander moes geliefdes groet weens ’n onsigbare virus wat ons “normaal” kom verander het. Tussen al die veranderinge bly een ding egter dieselfde: God. Hy is steeds in beheer van ons elkeen se lewens. Hy ken ons omstandighede. Hy sien ons elkeen raak.
 
In November-maand wil ek ’n paar gedagtes deel rondom die tema: God sien ons raak. Om af te skop wil ek dit kort hou en jou vra om oor hierdie drie beloftes na te dink:
 
·         Psalm 33:13: “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense. Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon. Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het, wat al hulle werk deurgrond.” 
 
·         Matteus 10:30: “Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.
 
·         Spreuke 15:3: “Op elke plek is die oë van die Here. . .” (1953-hersiening)
 
God sien ons raak. Hy weet van ons finansiële verknorsings, ons hartseer in ’n verhouding, ons uitdagings met ons gesondheid en ons stres in die werkplek. Wat gaan ons daaraan doen? Dit alleen dra? Of gaan ons dit in geloof aan die God oorgee wetend dat Hy vandag gister en tot in ewigheid dieselfde God is? Sterkte.
 
Vader God, baie dankie dat ek nie alleen is nie. Vul my opnuut met u Heilige Gees sodat ek u teenwoordigheid tasbaar kan beleef. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
 
·         Benescke Janse van Rensburg se boek, God is stééds God met meer as 60 kragtige hedendaagse geloofstories van mense is hier beskikbaar: https://benescke.co.za/aanlyn-winkel/ Die ander getuienisboek, God was Dáár is ook in herdruk beskikbaar. Gebruik die koepon VERS vir ’n spesiale prys.
 
·         Terugvoer: Vir enige vrae of as jy jou getuienis wil deel as God vir jou/julle as gesin iets kom doen nie, wat ons met lesers kan deel, stuur vir ons ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..