Xanthe Hancox 

Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. Matteus 28:5-6
 
Verlede week het ons gefokus op die blydskap wat Jesus se opstanding in ons lewens bring. En nou, vir die volgende paar dae, gaan ons fokus op hoe God se krag deur die opstanding weerspieël word en wat dit vir ons beteken om in hierdie krag te leef.
 
Dink vir 'n rukkie hieroor na.
 
God het Jesus uit die dood opgewek.
 
Dit is ondeurgrondelik—so ver verwyder van dit wat moontlik blyk te wees, dat baie mense dit eenvoudig nie kan aanvaar nie.
 
Maar as ons dit wel aanvaar, en geloof het in die God wat verlossing beloof en soos Hy gesê het opstanding uit die dood sal bring, en as ons 'n verhouding het met hierdie God, sal sy wonderlike krag voor ons ontvou!
 
Te midde van al die chaos in die wêreld, is dit soms moeilik om te sien of te verstaan hoe God werk. Deur aanspraak te maak op die opstandingskrag van God, ontvang ons vertroue om te weet dat God in beheer is en dat Hy "alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." (Romeine 8:28) Die krag van die opstanding gee aan ons die versekering en oortuiging dat God altyd getrou is en sy beloftes aan diegene wat in Hom glo, sal nakom.
 
Wat 'n magtige God dien ons nie!
 
Gebed: Here, u krag is groot en ontsagwekkend. Niemand is soos U nie! Skenk aan ons 'n sterk geloof en vaste oortuiging en help ons om in u krag te leef. Ons bid dit in die Naam van die opgestane Jesus. Amen