Xanthe Hancox 

Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys. Lukas 24:50-53
 
Jesus se volgelinge het probeer verstaan wat gebeur het.
 
Die Vrydag het hulle toegekyk hoe Jesus, die Een wat hulle liefgehad en vertrou het, verraai, gevange geneem, gemartel en gekruisig is. Die Sondagoggend het hulle ontdek dat sy liggaam weg is. En toe, teen die Sondagaand het hulle gerugte begin hoor van iets wat onmoontlik geklink het – vriende wat getuig dat hulle Jesus lewendig gesien het.
 
Die dissipels het toe bymekaargekom om sake te bespreek. Hulle wou glo dat Jesus lewendig was, maar gesonde verstand het dit moeilik gemaak om nie te twyfel nie. En tog, hulle was seker opgewonde by die blote gedagte wat dit mag beteken as Jesus werklik lewe.
 
Toe daag Jesus op. Te midde van die chaos het Hy Hom aan hulle geopenbaar. Hy het almal wat getwyfel het en bang was toegelaat om Hom aan te raak en te sien dat Hy waarlik lewendig is. Sy volgelinge het met blydskap en aanbidding hierop gereageer.
 
Ons lewens is dikwels gevul met twyfel, laste en angs. In sulke tye verwerp Jesus ons nie.
 
Te midde van dit alles kom Hy na ons en nooi ons uit om nader te kom. Jesus wil hê dat ons die opstandingsvreugde beleef en dat sy teenwoordigheid ons lewens met verwondering en aanbidding moet vul – selfs te midde van al die chaos in die lewe!
 
Gebed: Here Jesus, ons loof en prys U dat U die dood oorwin het. Neem asseblief al ons probleme en twyfel weg, en vul ons met blydskap in u teenwoordigheid. Ons bid dit in u Naam. Amen