Deur Benescke Janse van Rensburg

Gister ontvang ek ’n boodskap van ’n vriendin wat geskok vertel dat daar twee Gr.11-dogters by haar kind se spogskool binne 48 uur van mekaar selfdood gepleeg het. Sjoe.Twee pragtige kinders wat hierdie Kersfees ’n leë stoel langs die Kerstafel in hul onderskeie ouerhuise gaan agter los.  

My hart gaan uit na die ouers. Het hulle dit sien kom? Was dit ’n totale skok? En, aan die anderkant, wat het só swaar op die jong kinders gedruk dat hulle nie meer kans gesien het om te leef nie? 

Dalk is jy ook vandag daar. Jy dink dalk nie aan selfdood nie, maar jy bevind jouself ook op moedverloor se vlakte. Dalk het jy onlangs jouwerk verloor of jy sukkel om een te kry? Dalk het jy ’n miskraam gehad nadat julle lank gesukkel het om swanger te word? Dalk is jy met ’n gevreesde siekte gediagnoseer of moes jy onlangs van ’n geliefde afskeid neem? Is jou huwelik besig omuitmekaar te val? Of het jy ’n aaklige baas by die werk en jy weet nie hoe jy deur hierdie week gaan kom nie?

Ons leef in ’n gebroke wêreld en daarom is nie een van ons gevrywaar daarvan om met tye uitdagings te beleef nie. Die Psalmdigter kan daarvan getuig. In Psalm 69:2-4 skryf hy: “Red my, o God, want die water het tot by my keel gekom. Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kanstaan nie. . . Ek het my moeg geroep om hulpmy keel is hees geroep, selfs my oë het ingegee soos ek vir my God gewag het.” Dit klink rof en tog is dit ook hoe ons met tye voel, nie waar nie? 

’n Paar verse later skryf die Psalmdigter: “Ek is ’n hulpelose mens, vol pyn, maar U, o God, sal my red en my beskerm. Dan sal ek die Naam van God besing, Hom met ’n danklied prys. So ’n offer is vir die Here verkiesliker as selfs ’n volmaakte offerdier” (Psalm 69:30-32).

Hoekom is prys en aanbidding só kragtig in tye van seer, depressie en teleurstelling? Omdat ons hiermee aan God (en ook die vyand) demonstreer dat ons, te midde van wat ook al gebeur, stééds ons geloof en vertroue in God plaas. Ons verklaar hiermee dat ons glo dat Hy stééds alles ten goede kan laat meewerk en dat Hy ons steeds red en beskerm. Gaan jy dalk deur ’n moeilike seisoen?Kom ons begin om God te loof en te prys. Dit is ons kragtigste wapen teen die vyand! Sterkte.  

Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U presies weet wat in my lewe aangaan. Ek plaas (wat ook al jou hindernis is) vandag voor u troon neer. Neem dit oor en laat u wil in my lewe geskied. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

• Sien nuusberig van die skooldogters waarna ek verwys het: www.benescke.co.za of https://www.facebook.com/storiesvanhoop/   

• Nuwe boekKry Benescke Janse van Rensburg se nuutste boek, God is stééds God, met méér as 60 lewensveranderende geloofstories hier:  https://benescke.co.za/aanlyn-winkel/Gebruik die koepon VERS vir ’n spesiale prys.

• Terugvoer: As jy wil terugvoer gee rondom die reeks of ook ’n getuienis het wat jy graag wil deel, gebruik gerus hierdie epos-adres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.