Xanthe Hancox

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.  Psalm 1:1-2

Psalm 1 skets die groot verskil tussen die regverdige en die goddelose. Die een volg die Here en die ander een volg sondaars. Een is soos 'n vrugbare boom, terwyl die ander soos kaf uitmekaar gewaai word. Die Here hou wag oor die een, en die ander se pad lei na vernietiging.

Let op die ontwikkeling van vers 2: eers die oordenking van die woord van die Here en dan vreugde. Vreugde is 'n reaksie van die hart op die skoonheid en waarde van iets of iemand – in hierdie geval is vreugde 'n reaksie op die woord van die Here. Maar diep, volgehoue denke is betrokke by meditasie – dit neem werk en die betrokkenheid van die wil.

Meditasie behoort ons krag te gee en tot volgehoue vreugde te lei, Meditasie laat die Woord van die Here ons denke, hart en wil dieper binnedring. Deur meditasie verander God ons deurdat ons denke vernuwe word. (Lees Romeine 12:2)

Ons lewens is ongelooflik deurmekaar. Ons is kenners wanneer dit by die verrigting van verskeie take kom, hoe om op die Internet rond te kuier en inligting vandaar te bekom, maar ons vind dit moeiliker as ooit om te fokus. Hoe moet ons dan die Woord van die Here oordink?

Indien jy nog nie 'n bepaalde tyd, plek en plan het om tyd met jou Bybel te spandeer nie, stel ek voor jy kry dit in plek. Lees dan die teks stadig en versigting. Lees dit weer en weer. Lees dit hardop. Lees dit biddend. Lees dit met 'n pen in die hand. Memoriseer die teks wat jy lees. Lees dit saam met ander en bespreek die teks en onthou die belofte van Psalm 1 wanneer jy vreugde vind in die skoonheid en waarde van God se geopenbaarde Woord.

Gebed: Here, help my om altyd my vreugde in u Woord te vind. Help my om alles wat my aandag aflei eenkant toe te skuif en doelbewus U woord te lees en te bestudeer. Amen