Louise Gevers

Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.  Psalm 62:2-3

Waarheen ek ook al op pad is luister ek gereeld op my motorradio na baie interessante besprekings oor aktuele sake. Ek vind dit opvallend dat nou deesdae die aanbieders, sowel as die luisteraars wat inskakel al hoe meer wanhopig en benoud klink oor die sake van ons land. Waar die luisteraar voorheen na vriendelike, ontspanne stemme geluister het wat verskeie oplossings vir probleme gebied het, hoor jy nou dikwels verontwaardige reaksies en eise, wat dikwels vergesel word van skaars bedekte dreigemente teenoor die persoon wat as die skuldige beskou word. Erkenning dat krag en innerlike vrede van God kom, vorm sover nie deel van die gesprek nie.

Wanneer ongemak en kragteloosheid dit vir ons moeilik maak om met die veranderinge in ons land te deel, en omdat dit lyk asof alles inmekaar tuimel, dreig paniek dikwels om ons te oorweldig. Dan benodig ons hulp. Dan is dit nodig om op iets of iemand te vertrou want ons kan sake nie self hanteer nie. Waar ons hulp soek is lewensbelangrik want dit sal bepaal wat met ons gaan gebeur. Wanneer ons ons hoop en vertroue op God plaas, sal ons krag ontvang om enige krisis te kan hanteer.

Dawid kon die woorde van vandag se teksvers skryf, omdat hy in die grootheid van God geglo het. Stress en bekommernis in sy lewe wat hom desperaat laat voel het, was nie iets vreemd vir Dawid nie. Die man wat met al sy krag voor die Here gedans het, is deur sy vrou verag, soos 'n dier deur koning Saul gejag en moes die die pyle van baie vyande vermy. Hy het ook ongeëwenaarde gesinsprobleme gehad. (2 Samuel 13:1-15:13) En tog kon hy sê: "Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots? God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. … Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, u regterhand het my ondersteun, deur u hulp het ek sterk geword. (Psalm 18:32-33,36)

Dawid se woorde is 'n bewys dat hy 'n duidelike beeld het van wie God is, volle begrip het van God se krag en ook van sy (Dawid) se swakheid en van sy behoefte aan God. Dit is hoekom hy met blydskap op God kan vertrou en op Hom kan staat maak vir die oorwinning. Ons kan dieselfde doen. Wanneer ons voel dat ons op elke hoek en draai probleme ondervind, is dit tyd om ons vertroue te plaas op die Een wat altyd aan ons kant is.

Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God. (Psalm 20:8)

Gebed: Almagtige God, ons Vader, hoe wonderlik is dit nie om te weet dat wanneer ons U onvoorwaardelik vertrou, ons blywende vrede vind. Help ons asseblief om the besef dat U aan ons kant is. Amen