Louise Gevers

Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom. Markus 4:37-39

Van bevrugting totdat ons ons finale bestemming bereik, is die lewe 'n reis. Oor tyd word ons na baie plekke geneem en beleef ons 'n groot aantal opwindende ondervindings – sommige mooi herinneringe, ander nagmerries wat ons eerder wil vergeet. Soms moet ons gedra word, terwyl ons ander kere deur die lewe dans. Wanneer dit goed gaan is die lewe mooi en wonderlik, maar skrikwekkend en eensaam wanneer dinge nie uitwerk nie en ons groot uitdagings moet oorkom.

Is vandag se beskrywing van die dissipels wat in die storm vasgevang is, nie 'n spieëlbeeld van wat so dikwels met ons gebeur nie? Baie keer bevind ons ons, figuurlik gesproke, vasgevang in 'n sto aksie oor te gaan en vir ons om te bid; ons hoef nie weg te kri rm, en soos die dissipels besef ons ons het nie die geloof om die storm te weerstaan nie, selfs al weet ons dat Jesus saam met ons in die boot is! Is dit omdat ons paniekbevange raak en dan vergeet om op te kyk na die Here? Ons kyk angsbevange na die groot branders wat oor ons boot breek terwyl donderweer en weerlig rondom ons blits, eerder as om in geloof na Hom op te kyk. Dit is die tyd vir ons geloof om na mp van die toets nie. Hy is by ons en Hy kan ons help. Wanneer ons die Here vra, maak Hy ons storms kalm. " As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; … want Ek is die Here jou God, … (Jesaja 43:2-3)

Terwyl ek onlangs op die uitkykdek op die lughawe staan het ek die volgende teksboodskap aan my dogter wat uit Amerika hier was om navorsing te doen en weer op vertrek gestaan het, gestuur: "Ek staan bo die tweede "T" in "International". Sy stuur toe terug: "Ek sal uitkyk vir jou!" Minute later kry ek toe 'n boodskap wat lui: "Die vensters is toegewasem so ek kan nie buite sien nie." Ek antwoord toe: "Die maak nie saak nie, dit mag dalk opklaar teen die tyd wat jy my bereik, maar ten minste weet jy ek is hier." Sy het geantwoord: "Dit is waar", met 'n mooi rooi hartjie daar by.

'n Dieper betekenis van dit wat gesê is, het my hoendervleis gegee toe ek besef dat dit een van daardie "Aha"-oomblikke is. Dit het my laat dink aan dit wat ons so dikwels in ons verhouding met God ondervind. Hy is altyd met ons in die storms, in die omstandighede wat die vensters laat toe wasem en veroorsaak dat ons Hom nie kan sien nie. Ek het nie van daardie plek beweeg totdat haar vliegtuig in die verte verdwyn het nie.

Hoeveel meer as 'n liefdevolle moeder is ons Almagtige God nie getrou en in staat om ons te help nie? Ek moes dit leer.

Gebed: Here, U alleen is getrou, altyd in staat om my te red. Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem. Leer my u wil, Here, en lei my op 'n gelyk pad … (Psalm 27:10-11) Amen.