Hennie Symington

Daar het toe ʼn arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. DIt was baie min werd. Markus 12:42

Ek het onlangs ʼn boek gelees met die titel “This I believe”, waarin tagtig bekende figure hulle vertroue in die inherente edelheid van die mens beskryf en hoe hulle dit beleef. Elkeen van ons het al in ons lewens mense teëgekom wat soveel goedheid in hulle het en wat soveel liefde uitstraal teenoor ander in die samelewing dat ons nie anders kan as om te glo in die goedheid van die mensdom nie.

Hier is voorbeelde van enkeles uit die boek.

Ek salueer mense soos Bill Gates wat saam met sy vrou baanbrekerswerk in dele van Suider-Afrika verrig met hulle liefdadigheidstigting. So som hy dit wat hy glo op: “Ek glo dat my rykdom my dwing om terug te ploeg in die samelewing. En as ʼn vader glo ek dat die dood van ʼn kind êrens in Afrika net so pynlik is soos die dood van ʼn kind in enige ander plek.”

Ek glo in mense soos Moeder Teresa wat niks daarvan gedink het om die vuilste, agterstrate van die Kalkutta die swaakry van mense help verlig het.

En wat van die blinde en doofstom Helen Keller wat haar geloof as volg uitgedruk het: “Ek glo in geloof as ʼn dinamiese krag wat wat ons wilskrag hernu, en ons kreatiwiteit aanwakker. Ware geloof omvat jou vertroue in God se oneindige goedheid en sy alsiende Wysheid wat ons deur die see van die lewe help.”

Gebed: Here, ons is soveel sterker as wat ons dink tog lees ons in u Woord: met U aan my sy spring ek oor ʼn muur. Vergewe ons as ons soms so versukkeld of kragteloos met ons geloof omgaan. Amen