Neville Turley

Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby. Openbaring 1:3

God seën jou. Hoeveel keer het jy nie al hierdie woorde gehoor of die self vir iemand gesê wat jy die beste wil toewens nie? Wat is God se seën?

Die sleutel om gelukkig te wees en deur God geseën te word, lê in die lees en hoor van sy Woord en om daaraan gehoorsaam te wees.

Charles Hadley Spurgeon (1834-1892) is beskou as die "prins onder predikers". Hy was die Billy Graham van sy geslag. Vir 38 jaar was hy die predikant van die Metropolitaanse Tabernakel Kerk in Londen. 'n Bedrewe spreker en sy prediking het elke week gehore van sowat 10 000 mense getrek. Sy preke was so in aanvraag dat terwyl hy gepreek het, het iemand die preek in snelskrif afgeneem en daarna is dit gedruk en versprei. Sy preke word vandag steeds gedruk en versprei.

In 'n biografie wat na Spurgeon se dood geskryf is, beskryf JT Allen 'n jongman se eerste ontmoeting met Spurgeon. Ek haal aan uit die boek:

"I was invited to address a women’s meeting at the Tabernacle Church. I never dreamt that Spurgeon would be present, but he was. My courage failed me, and my address left me. I commenced my speech by saying I am a bad speaker. All I know is the ABC Gospel.

"A stands for ‘All have sinned and come short of the glory of God’. B stands for ‘Behold the Lamb of God which taketh away the sin of the world’. My last is C ‘Come unto me all ye that labour and are heavy laden and I will give you rest."

Die jongman vertel dat hy gaan sit het met die verwagting dat Spurgeon baie teleurgesteld in hom sou wees. Tot sy verbasing het Spurgeon na hom toe gekom, sy hand geskud terwyl die trane oor sy wange rol. Hy het gesê: "Die Here seën jou my jong broer. Hou aan om om die evangelie so te verkondig."

Jesus is God se seën vir ons. Ons hoop is in Hom geanker.

Gebed: Hemelse Vader, dankie vir u Seun ons Here, wat saam met U en die Heilige Gees regeer, een God, nou en vir ewig. Amen