Xanthe Hancox

Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. Moenie onverstandig wees nie, soos 'n perd of 'n muil wat met 'n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.  Psalm 32:8-9

Samewerking was nog nooit 'n karaktertrek waarvoor perde en muile bekend is nie; stories oor perde wat op loop sit en hulle ruiters afgooi het heel moontlik daartoe aanleiding gegee dat ek nooit wou perdry nie. Muile is net so eiesinning en hardkoppig. Jy kan hulle stoot, trek, 'n wortel voor hulle hou, maar as hulle nie wil beweeg nie, het jy nie 'n kans nie.

Dit is dikwels ook die geval met ons. Die woord van die Here is maklik bekombaar om ons te onderrig en te lei, maar ons sal eerder ons eie ding doen, dikwels tot ons eie nadeel. Die grootste hindernis om die Here se plan vir ons lewens te ken, is die feit dat ons volhard in ons eie voorkeure en wil.

Dit is nie God se plan om ons met stang en toom rond te sleep nie. Dit is hoe 'n mens 'n dier sonder verstand rondlei. Die Here wil ons leer en onderrig, Hy wil ons deur sy Gees raad gee en lei. Wanneer ons gereeld die Bybel lees en bid, sal ons voortdurend ervaar dat die Here met ons praat en ons lei.

Die manier om nie soos 'n muil te wees nie, is om tot God in gebed te nader, jou sonde te bely en die rigting wat God vir jou aanwys, te aanvaar. Sommige mense wil egter nie tot volle oorgawe kom nie want hulle is bang dat die Here meer van hulle sal vra as wat hulle bereid is om te gee. Om God te volg, is nie 'n hindernis nie; dit is vir ons die grootste blydskap en plesier. Jesus het vir sy dissipels daar waar hy by 'n fontein gesit het, gesê dat om die wil van sy Vader te doen is meer bevredigend as voedsel. (Johannes 4:34) Om die wil van God te weerstaan, lei verseker tot ongeluk, maar om jou oor te gee aan sy wil, lei tot geluk en vreugde.

Gebed: Here, vergewe my wanneer ek so hardkoppig is en daarop aandring om my eie lewe te beheer. Niemand weet beter hoe om my te versorg as die Een wat my gemaak het nie. Leer my die weg wat ek moet volg. Amen