Neville Turley

Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.  Jesaja 55:7

Vra enige iemand uit 'n Christelike agtergrond wie Jona was. Die kans is goed dat hulle sal sê hy was 'n Ou-Testamentiese profeet wat deur 'n walvis ingesluk is.

Die verhaal van Jona handel egter oor baie meer as dit. Soos die geval met die gelykenisse wat Jesus vertel het, het die verhaal van Jona ook 'n dieper betekenis. Jona was nie net die naam van 'n fiktiewe karakter nie, hy het werklik geleef.

In die Bybel lees ons dat hy van die dorpie Gat-Gefer, naby Nasaret in Galilea, afkomstig was. Sy pa se naam was Amittai. Jona was 'n beroemde profeet in die tyd van koning Jerobeam van Israel.

Jona het voorspel dat wanneer koning Jerobeam die troon bestyg, hy die dele wat Israel aan sy vyande moes afstaan, weer sou verower en dat dit nie die wil van God was dat Israel vernietig moes word nie. Jona het geprofeteer dat God Israel sou red en die volk se lyding sou beëindig.

Al Jona se profesieë het waar geword (2 Konings 14:25). God was egter nie van plan om Jona op sy louere te laat rus en net sy roem in Israel te geniet nie.

God het ander planne vir Jona gehad. Hy het 'n spesiale sending vir hom gehad. Die Here het Jona geroep om na Nineve, die hoofstad van die magtige Assiriese Ryk, te gaan om hulle te gaan waarsku dat as hulle nie hulle sondes bely nie, die oordeel van God oor hulle sou kom.

Die Assiriërs was Israel se aartsvyande. Die Israeliete het hulle as slegte, verdorwe mense beskou. As God hulle wil straf was dit reg met die Israeliete.

Jona wou nie Nineve toe gaan nie. Hy het vergeet dat God se medelye en vergifnis vir almal is wat Hom nader. Dit is 'n les wat ons ook moet onthou en met almal moet deel.

Gebed: Hemelse Vader, gee dat die u Heilige Gees ons voortdurend bewus sal maak van u liefde vir ons en vir ander. In Jesus se Naam.  Amen