Hennie Symington

Toe sê God vir Moses: Ek is wat Ek is… Eksodus 3:14

Die Here sê: “Soos ʼn moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.” Jesaja. 66:13

Daar is tye in elkeen se lewe wanneer ons aan God twyfel of wanneer dit voel asof daar geen konneksie tussen my en my God is nie. Wanneer dit gebeur, strompel ons dikwels herwaarts en derwaarts op soek na tekens van God se teenwoordigheid en maak soms allerhande wilde uitsprake oor die aard en bestaan van God.

Wat staan jou te doen wanneer jy hierdie punt bereik? Die beste en enigste ding om te doen is om God by name aan te roep – die name van God wat op ons harte getatoeëer is om ons deur tye soos hierdie die versekering te gee dat Hy ons nooit sal verlaat of sal versaak nie, al voel dit soms so.

Neem jou Bybel en gaan lees die volgende verse terwyl jy oor elkeen nadink (die meeste van hulle sal jy waarskynlik uit jou kop uit ken of herken):

Hierdie is maar net ʼn paar van die beskrywings van God wat ons in die Skrif kan lees. Roep God aan op enige van hierdie name en jy sal vind dat Hy ver groter en magtiger is as wat jy ooit kon dink of begryp.

Gebed: Here God, ons is klein en nietig, tog het U ons so lief gehad dat U in die vlees na ons toe gekom het sodat ons nie verlore sou raak tussen die ontelbare skare mense deur alle tye heen nie. U sien ons met ʼn oog van vriendskap en liefde aan. Amen