Hennie Symington

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! … As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld … (Psalm 8:2,4-8)

O Gees van God, wie se stem, ek op die wind kan hoor

en wie se asem lewe aan die hele skepping gee,

hoor my gebed!

Ek wat swak en nietig is, maak staat op u mag en wysheid.

Laat my die skoonheid van die skepping ervaar,

en laat my oë altyd die rooi en purper sonsondergang aanskou.

Laat my hande die werk van u hande eerbiedig

en my ore die geruis van u stem hoor.

Gee dat ek die lesse sal leer wat U in elke blaar en klip bewaar het.

Gee my krag, nie om sterker as my broer te wil wees nie,

maar om my grootste vyand – myself ‒ te oorwin.

Maak my altyd gereed om voor U te staan

met rein hande en ʼn opregte hart.

                        (Gebed van 'n Noord-Amerikaanse Indiaan, Jakota – Yellow Lark – 1887)