Louise Gevers

en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;  Matteus 6:12

“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”  Matteus 6:14-15

Vergifnis begin by God: die groter Wese vergeef die mindere. Die mooiheid van vergifnis is dat dit nou verbind is aan genade en liefde, en dit verander lewens want dit benodig ruimhartigheid van gees en nederigheid die harte van beide die gewer en die oortreder. Die wêreld behoort aan God en die mens is deel van sy plan, vry om te wees wat hy wil en te doen wat hy wil binne die grense wat God vir sy welsyn daargestel het; maar vir alles wat hy verkeerd doen teenoor iemand of iets in die wêreld is hy aan God verantwoordbaar.

As mense sondig ons dikwels en benodig ook dikwels vergifnis, maar daar word ook teen ons gesondig en ons moet diegene wat ons seergemaak het, vergewe, want God vergeef ons soos ons hulle vergewe het. Soos ons geestelik volwasse word en meer aan God gelyk word, vergewe ons wel diegene wat teen ons gesondig het. Vergifnis is iets wat ons gou en ruimhartig moet gee want dit maak beide partye vry en keer dat die duiwel 'n situasie kan manipuleer.

In die ondervinding van die tollenaar waarna ons gister verwys het, het Jesus gesê het dat hy huis toe gegaan het as "iemand wie se saak met God reg is" – lighartig en gelukkig – want sy sondelas en skuld is gelig want hy is vergewe. Op dieselfde manier wanneer jy iemand wat jou seergemaak het vergewe, kan sal jy ook 'n gevoel van vrede ondervind, somtyds selfs verligting. Dit baan die weg vir 'n nuwe begin en dit dit bring eer aan God.

Om te leer hoe om te vergewe is die belangrikste en moeilikste les in die wêreld om te leer. Dit kan slegs bereik word indien jy in 'n regte verhouding leef met Christus wat ons sondes vergewe het, asook die van die mense wat Hom oorgegee het om gemartel en geslaan te word, Hom verneder het deur Hom aan 'n kruis te hang om 'n stadige, pynlike dood te sterf. Sy ongelooflike woorde toe Hy gekruisig is en tussen twee skelms gehang het, was: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34)

Slegs deur te vertrou op Jesus wat reeds vir ons die voorbeeld gestel het deur ons te vergewe en ons vry te maak, en wat ander behandel het soos Hy ons behandel het, kan jy die persoon wat jou seergemaak het en jou lewe verwoes het, of die lewe van iemand wat jy liefhet, vergewe.

Aan Hom al die eer.

Gebed: Here Jesus, u vergifnis beteken dat vryheid en liefde die oorwinning behaal – help my om te kan vergewe. Dankie vir u wonderlike genade. Amen