Hennie Symington

God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daavan is om almal getuie. Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is van die Vader ontvang en uitgestort. Dis wat julle nou sien en hoor. Handelinge 2:32-33

Wat beteken dit dat Christus aan die regterhand van God sit? Dit beteken dat Christus, wat soos een van ons geword het, en wat die verteenwoordiger van die mens is, en wat die skande van die kruis moes verduur en uiteindelik die vyand oorwin het, nou, as die volkome mens en verteenwoordiger van die mensdom, die ereplek aan die regterhand van God beklee.

Daarby word daar aan Hom “…alle mag in die hemel en op aarde” gegee, soos wat ons in Matteus 28:18 lees. Stel jou voor die gesamentlike sug van verligting wat daar in die hemel opgegaan het toe die breuk tussen God en die mens herstel is. Ons lees dat Christus alle mag en heerskappy oor die skepping in sy hande het en dat Hy as Koning onder konings en as Heer van alle here sal heers. Uiteindlik sal die hemel en aarde een wees met die nuwe Jerusalem wat van die hemel neerdaal na die aarde. In Openbaring 21:2 lees ons: “En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien afkom. Die stad was gereed soos ʼn bruid wat vir haar man versier is.” Verder in vers 3 lees ons: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense…”

Gebed:Christus Jesus, deur die dood en opstanding het U in ons die behoefte geplant om ons lewens te hernuwe en om die goeie nuus van die oorwinning oor die dood aan almal tot aan die uithoeke van die aarde te verkondig. Amen.