Hennie Symington

Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem. Hebreërs 9:26

Jesus is gesalf as die profeet en priester wat God se boodskap aan die volk van God bring. Net soos wat die priesters van ouds die offerdier as ʼn teken van versoening tussen God en die mensdom gebring het, so offer Christus Hom op as ʼn offer om God en sondaars vir alle tye te versoen.

Jesus – die Messias en Gesalfde: Die goddelike misterie is dat Jesus Christus ons steeds met hart en siel aanspreek. Wanneer ons oor Jesus praat dink ons aan Hom as ʼn mens soos ons, die timmerman se seun wat onder ons kom woon het, saam met ons geëet het en wie se kleed ons kon aanraak. Maar wanneer die naam Christus deel van die prentjie word, word Christus meer as ʼn blote mens. Hy is ook die Messias en die Gesalfde. En wanneer ons besef Hy is die eniggebore Seun van God, verdiep die misterie. Die vraag is, moet ons verstaan om te kan glo?

As Jesus ons Here is, is Hy ook ons meester. Hy is Here oor elke aspek van ons lewens. In Romeine 1:1 noem Paulus homself ʼn dienaar van Christus – meer nog want hy maak gebruik van die Griekse woord vir “slaaf” om die verhouding te beskryf. Hiermee wil hy beklemtoon dat Christus ons Heer en meester is. Geen aardse heerser kan aanspraak daarop maak nie. Terselfdertyd tyd verlustig ons as gelowiges en bevrydes ons in hierdie “slawerny” of ons posisie as bediendes omdat dit getemper word deur die liefde en volkome vreugde en vryheid.

Gebed: Hoe wonderlik is dit nie dat die buitengewone na ons toe kan kom as een soos ons om vir ons te sterwe sodat ons as kinders van die Lewende God opgewek kan word. Amen