Hennie Symington

Ek is God, die Almagtige. Ek sal my verbond met jou sluit en baie, baie mense uit jou laat voortkom.”  Genesis 17:1b-2

Wat beteken dit dat God almagtig is? Wanneer jy hierdie sinsnede lees, let op die komma tussen “God die Vader” en “die Almagtige” soos wat dit in die geloofsbelydenis staan. Hiermee bevestig ons eerstens God se vaderskap, en tweedens, sy almag. Sy mag word dus getemper deur sy vaderlike liefde. Dit plaas sy kinders in ʼn heel ander verhouding as diegene wat hul beskou as hulpelose pionne in die mag ander magte of afgode wat dreig om hulle te vernietig.

As Christene glo ons dat God magtig is, trouens, dat Hy almagtig is. Daarmee saam leer ons dat God se mag behels dat Hy alles kan doen binne sy liefdevolle voorsienigheid. En omdat God heilig is, sorg Hy dat alles volgens sy plan verloop en dat Hy sy doel met die skepping bereik.

As die Almagtige Vader, heers Hy nie net oor die sterre en die planete nie, maar lê ook besoek af by my nederige huis of tuiste, en laat sy wil geskied en elke hoekie van die skepping waar ek my bevind.

As die Almagtige Vader, herskep Hy selfs my hart. In Esegiël 36:26 lees ons: “Ek sal julle julle ʼn nuwe hart en ʼn nuwe gees gee. Ek sal die die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ʼn hart van vleis gee.” In die lig hiervan, kan ek onvoorwaardelike verkondig dat “Ek glo in die Vader, die Almagtige…!”

Gebed: O, Almagtige God en Vader, skepper van hemel en aarde, herskep my hart en siel sodat u wil kan geskied op aarde sowel as in my lewe. Amen