Louise Gevers

…uit … die lewende en ewige woord van God. 1 Petrus 1:23

Kwaliteit en duursaamheid is belangrike eienskappe vir alles in die lewe. Wanneer jy 'n motor moet aankoop gaan jy waarskynlik vir iets soek wat stewig is, wat lekker bestuur en waarin jy veilig voel. En dit moet seker betroubaar wees en jy moet kan vertrou dat dit sal hou, of hoe? Raak jy nie ook omgekrap wanneer jou nuwe selfoon skielik 'n paar maande nadat jy dit gekoop het jou nie wil toelaat om 'n boodskap te stuur nie, of wanneer die pote van 'n sitkamerstoel afbreek, of die kersgeskenk waarna jou kind so lank uitgesien het, net vir 'n paar dae hou nie?

Ons leef in 'n wêreld waar dinge nie hou nie, ongeag hoeveel jy daarvoor betaal het. En dit sluit spesiale goed wat behoort te hou in. En tog ons hoop altyd dat ons iets beter sal vind wat wel sal hou.

Dit is ook nie net materiële goed wat breek en probleme veroorsaak nie. Wanneer die waardes en moraliteit van 'n samelewing verweer, veroorsaak dit onstabiliteit en angs. Beloftes word verbreek en mense vertrou mekaar nie meer nie; verhoudings word verbreek en gesinne verbrokkel, wat daartoe aanleiding gee dat mense integriteit bevraagteken?

Alles met sy wortels in hierdie wêreld is breekbaar, maar alles wat in God geanker is, is onverganklik. Ons moet wys wees en na die hele prentjie kyk en nie net na die deeltjie wat ons daaglikse lewe uitmaak nie. Ons moet ons onverganklike Skepper ken en ook vir Jesus Christus wat ons van onsself gered het deur ons sondes te vergewe en ons na die hemel lei.

Alles wat ons nodig het vir die lewe en die ewigheid kan in die Bybel gevind word: die lewende woord wat vir ewig sal bestaan, of dit nou op skrif of in klank is.

Op 'n keer toe van sy ontnugterde volgelinge van Hom weggedraai het, het Jesus vir sy dissipels gevra of hulle Hom nie ook wil verlaat nie. Petrus, wat hierdie brief geskryf het, het geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee." (Johannes 6:68) Petrus het die wysheid gehad om te weet waar sy hoop vandaan kom. Baie mense dink egter dit is slim om oral in die groot verskeidenheid keuses wat die wêreld ons bied na die waarheid te soek, maar dit is slegs die woord van God wat ewig en betroubaar is en wat nooit sal faal nie, wat ons sal help om die betekenis vir ons lewe hier op aarde en in die hiernamaals te vind.

Jesus self het gesê: "Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots." (Matteus 7:24-25)

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat u ewige Woord my lewe verander. Help my om 'n verskil in die wêreld te maak deur die woorde van Jesus uit te leef. In sy Naam bid ek dit.  Amen