Deur Benescke Janse van Rensburg

Vandag se stukkie lyk anders as die ander. Dit gaan bestaan uit een teksvers. My uitdaging aan jou is om oor hierdie teksvers na te dink. Lees dit, skryf dit neer en dra dit saam met jou vir vandag. Stel ’n “reminder” op jou foon om jou ’n paar keer deur die loop van die dag te herinner om weer daarna te kyk. Vra jouself af hoe hierdie woorde van God van toepassing is in jou lewe.


Die teksvers: Jeremia 32:27: “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?”

Hoe raak hierdie woorde jou persepsie rondom ’n uitdaging in jou huwelik, jou kinders, ’n krisis in jou werkplek (of jou soeke na ’n werksgeleentheid), jou gesondheid, jou finansies, jou begeerte na ’n baba of lewensmaat of jou bekommernis oor jou toekoms? Onthou, Hy verander nooit nie. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U in beheer is van die heelal – en tog van elke detail in my lewe weet. Help my asseblief om te onthou dat daar geen beperkings is wanneer ek U vir ’n deurbraak vertrou nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

  • Opdrag vir die dag: Wat is daardie uitdaging in jou lewe wat vandag swaar op jou hart druk? Skryf dit neer en praat met God daaroor. Dank Hom by voorbaat vir die woorde in Jeremia 32:27.
  • Terugvoer: Deel gerus jou getuienis van God se deurbrake in jou lewe of gesels saam deur terugvoer te gee by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Ek hoor graag van jou. Benescke