Danny Fourie

Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.  Spreuke 30:7-9

Agur is 'n wyse man. Dit sien 'n mens sommer dadelik as hy sê: Ek het nie die verstand van ’n mens nie (vers 2). Wyse mense sien hulleself as sonder kennis. Dwase mense sien hulleself as wys. Sy wysheid kom tot uiting in die wyse waarop hy sy eie nietigheid voor God se grootsheid insien (vers 4). 'n Mens sien ook Agur se wysheid wanneer hy God in gebed opsoek. Hy bid tot sy God, intens en met eerbied.

Hy bid ook ordelik. Hy sê vir God dat hy twee dinge van Hom begeer. Die Here moet dit tog nie weier voordat hy sterwe nie. Hy som nie in sy gebed 'n duisend en een dinge of verlangens op nie. Hy beperk sy versoek tot twee dinge wat die swaarste in sy lewe weeg. Die twee dinge is: Moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie, en moenie my ryk of arm maak nie.

Wanneer 'n mens na Agur se gebed luister, wil 'n mens eers op die eerste en dan die tweede versoek ag slaan.

Agur bid nie om iets te ontvang nie, maar juis om nié iets te ontvang nie. Sy gebed is: Here, moenie vir my rykdom gee nie. Merkwaardig. Ons is altyd geneig om iets te wil hê. Ons gebed neig altyd na onsself. Agur s’n nie. In sy gebed staan sy eie begeerte nie sentraal nie, maar staan God in die middelpunt. Dit is die kenmerk van ware gebed.

Waarom bid Agur so? 'n Mens mag mos ryk word. Agur bid dat die Here hom sal spaar om ryk te word, omdat hy vrees dat hy dan nie meer God nodig sal hê nie. Hy is so bang dat hy sal sê: Wie is die Here? Hy is so bang dat hy dalk sal sê: Ek ken nie die Here nie. Dan is hy op dieselfde vlak as die faro wat ook gevra het wie die Here is. Agur ken homself. Hy weet hoe swak hy is en hoe sterk die versoeking is. Hoe maklik sy hart vlambaar is vir hoogmoed en ongeloof.

Gebed: Here, Agur se gebed laat 'n mens wonder hoe ons dikwels bid. Altyd maar om te ontvang. Help ons om die uiterstes in die lewe te vermy. U beskerm ons mos in alle omstandighede.  Amen

Die gebed van Agur