Neville Turley

… moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie  Spreuke 30:8-9

Hierdie is 'n kort versoek, slegs ses woorde, maar elke woord is baie betekenisvol. Wanneer ons hierdie woorde bid, erken ons dat ons hemelse Vader die Een is wat aan ons al die voedsel gee wat ons benodig. Ons kan dit met vertroue erken want God het reeds in die Tuin van Eden hiervoor voorsiening gemaak. "Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees." (Genesis 1:29)

Die brood waarvoor ons bid word deur baie hande hanteer voordat dit ons bereik. Die boer plant die saad en samel die oes in. Die meulenaar maal die koring om meel te maak en die bakker bak die brood. En die Een wat oor alles toesig hou is die almagtige God self.

Jesus leer ons om te bid "gee ons". Wanneer ons bid moet ons ook nie vergeet dat die brood waarvoor ons bid nie net vir onsself is nie. Brood is 'n gawe van God en dit is ons plig as Christene om ons seëninge met ander te deel.

Vandag leef baie mense onder die broodlyn en voer 'n stryd om te bestaan. Die Bybel sê dat ons na hulle moet uitreik maar dit is moeilik vir mense om ontvanklik vir die evangelie van Christus te wees as die hongerpyne knaag nie.

Ons vers vir vandag help ons om te verstaan hoekom ons elke dag in gebed die Here vir ons daaglikse brood moet vra. Bid dat Hy aan ons die genade sal gee om dit te doen.

Gebed: Here Jesus, maak ons deur u Heilige Gees voortdurend bewus dat ons volkome van U afhanklik is, bedie vir ons lewe en vir elke aspek daarvan. Ons bid dit in Jesus se Naam. Amen