Neville Turley

Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”  Johannes 6:38-40

Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. In die hemel is die engele volkome gehoorsaam aan die wil van God. Wanneer ons hierdie woorde bid, vra ons dat God se wil te alle tye en onder alle omstandighede moet geskied.

Sedert die tyd van Adam en Eva het die mensdom met rampspoedige gevolge gekies om sy eie pad te volg.

Net soos Adam vir Eva geblameer het en Eva op haar beurt die slang die skuld gegee het vir hulle ongehoorsaamheid aan God, so soek ons steeds 'n sondebok om te blameer vir alles wat ons verkeerd doen. Dikwels blameer mense selfs vir God.

Soms wanneer 'n tragedie of 'n ondenkbare geweldsdaad plaasvind, sê mense dit was die wil van die Here, terwyl dit alles die gevolg is van die sonde en boosheid wat ons wêreld besmet en wat van beide die skuldiges en die onskuldiges slagoffers maak.

Dit is menslik om kwaad te word wanneer teëspoed ons persoonlik tref. Dit is egter dan die tyd wat ons die Here moet vra om ons krag te gee om die probleem te oorkom.

Die hartverskeurende gebed van Christus in die Tuin van Getsemane (Markus 14:32-36) is 'n perfekte voorbeeld van gehoorsaamheid aan die wil van God. Jesus was sonder sonde en tog het Hy tot die dood gely vir ons sonde en die bose oorwin sodat jy en ek die ewige lewe kan erf.

Gebed: Ons Vader, gee dat die Heilige Gees die "eie ek" in ons sal verwyder sodat ons volgens u wil tot verheerliking van Jesus Christus kan leef. Amen