Xanthe Hancox

Ons wil nie as heersers voorskryf wat julle moet glo nie. Julle staan immers vas in die geloof. Maar ons wil medewerkers wees om julle geluk te bevorder. 2 Korintiërs 1:24

Selfs as 'n apostel met gesag van God, het Paulus probeer om ander se geluk te bevorder in die manier wat hy hulle gelei het – hy het nie probeer om hulle te oorheers nie, maar eerder om saam met hulle te werk. Dit verduidelik hoekom hy so 'n effektiewe leier was en hoekom diegene wat met hom geassosieer het, sterk en betroubare medewerkers geword het. Die woorde van Paulus in ons teks herhaal iets van Jesus se woorde toe Hy met sy dissipels gepraat het toe hulle gestry het oor wie die belangrikste was. "Maar Jesus sê vir hulle: “By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien." (Lukas 22:25-26)

Die kern van Christelike werk is volgens Paulus dat ons as medewerkers moet saamwerk en ander moet help om gelukkiger te wees.

Hoe sal ons huise, kampusse en kantore daar uitsien as ons as Christene werk om ander se geluk te bevorder deur die manier wat ons hulle hanteer?

Om mense se geluk te bevorder beteken nie noodwendig om almal altyd gelukkig te hou nie, maar om, soos Paulus, almal met wie ons in aanraking kom, se menswaardigheid te resepkteer. Wanneer ons aandag gee aan ander se behoeftes, insluitende die behoefte aan respek en om met betekenisvolle werk vertrou te word, dan volg ons Paulus se voorbeeld.

Is jy ten volle betrokke by hierdie taak wat God aan ons toevertrou het? Hoekom nie sommer vandag nog daarmee begin nie?

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U ons liefhet. Dankie dat U ons onderrig. Dankie vir u geduld met ons. Leer ons hoe om blydskap aan ander te bring soos U blydskap aan ons gebring het. Amen