Ons skrywers

Quintus Heine

Quintus het by Unisa, Kovsies en Maties teologie gestudeer, is getroud met Riélle en het twee dogters Gardielle en Karli. Hy was vir 24 jaar predikant in vier verskillende gemeentes voordat die Here hom geroep het om voltyds by die  Bybelgenootskap van SA betrokke te raak.  Hy is lief vir o.a. die buitelewe, teater, musiek, boeke  en om na interessante plekke te reis. Sy passie is om ‘n verskil te maak en elke dag saam met sy gesin die genade van God te bewonder.

Xanthe Galanis

Xanthe completed her Diploma in Christian Studies at George Whitefield College in 2001 before taking off to see the world. She returned to study Journalism at Rhodes University and is now the communication officer of the Bible Society of South Africa. She enjoys good books, dark chocolate, strong coffee, hiking and supporting the Sharks – usually in that order.

Dirk Taljaard

Getroud met een vrou, het drie kinders (van wie twee nog lewe), en drie kleinkinders. Byna 34 jaar in die bediening, waarvan tien jaar by die Bybelgenootskap. Alles net genade!

Carina Francke

Skoolopleiding aan Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfotein en BA Hons by Kovsies.

Teologiese Opleiding by AGS Teologiese Seminarium

Tans op voltyds-deeltydse basis werksaam by 'n gemeente in Kempton Park as Koördineerder van die Toerustingsdepartement.

Bied Woordskole aan, tree as spreker op by damestees, bied vrouekampe op uitnodiging aan, skryf van tekste vir skoolopvoerings, taalversorging.

Publikasies: 4 boeke.  Die nuutste boek "Sandgrond" wat handel oor geloof en wanhoop is in Mei bekendgestel. Boek beskikbaar by skrywer.

Is getroud met 'n predikant, Bennie Francke. Hy is werksaam by die Bybelgenootskap van SA.  2 Getroude kinders

  • My lewensingesteldheid: Om die Een wat my laat leef, in alles te behaag.

Hennie Symington

Hennie Symington is Redaksionele Bestuurder by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika waar sy gemoeid is o.a. met die samestelling van Bybelprogramme. Sy is ook die skrywer van verskeie geestelike boeke o.a. “Blom tussen dissels” (Lux Verbi), “Elke dag ʼn nuwe begin”(CUM), “As die wind daaroor gaan” en “Padlangs met God” wat pas verskyn het by Lux Verbi.

 

Benescke Janse van Rensburg

Benescke Janse van Rensburg het die voorreg gehad om op 'n plaas in die Vrystaat groot te word. Na haar hoërskoolloopbaan aan die Oranje Meisieskool in Bloemfontein, het sy haar universiteitsjare aan die Stellenbosch Universiteit begin. Vandag staan sy met 'n B.A.-graad, 'n onderwyssertifikaat en 'n meestersgraad in Joernalistiek in die hand. Haar passie is om God se Woord en beloftes op 'n kreatiewe, relevante manier oor te dra waarmee die man op straat kan identifiseer.

Benescke werk tans as radio-omroeper, vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte en sy is ook een van die ankeraanbieders van die InPas-televisieprogram op KykNET. Sy is onlangs met Johannes Janse van Rensburg getroud wat sy eie biokinetikuspraktyk in Durbanville besit.

Haar lewensdoelwit: As God afkyk aarde toe en iemand benodig om vreemde dinge vir Hom te doen, dat Hy haar sal kies omdat sy bereid is.

Iets om na uit te sien: Haar eerste geestelike dagboek word later vanjaar deur Lux Verbi uitgewers uitgegee.

 

**Indien jy vir Benescke wil nooi om as motiveringspreker in jou area op te tree kan jy haar kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Go to top